Meisie se ma snaaks ná sy hulle vang seks

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK IS W van C, 22 jaar oud en het hierdie oulike meisie by wie ek ’n kind het.Sy is 17 jaar oud, maar baie volwasse vir haar ouderdom.Antie, ek werk en my meisie is nog op skool. Ek sorg vir my babadogtertjie en gee sommer ook geld vir my meisie as sy dit nodig het.Ek wil hê sy moet klaarmaak met skool, want dit is belangrik dat sy ’n goeie toekoms sal hê.Antie, my meisie se ma is egter ’n groot probleem. Sy maak dinge­ baie swaar vir ons.Ek kan nie eens daar by hul huis aankom nie, dan skel sy.Sy het my en my meisie ná ons baba se geboorte in hul huis gevang seks. Nou hou sy vir haar snaaks.Ek verstaan nie hoekom sy aangaan nie, want die baba is mos klaar daar. Die baba is dan proof dat ons seks gehad het.Selfs al kom haal ek my meisie om iewers heen te gaan, dan het sy ’n probleem.Ek kyk goed na haar dogter en kleinkind.Dink Antie sy hou haar maar net aspris? Ek gaan eendag met haar trou.Maar as haar ma nou al so is, dan gaan sy mos problems in die toekoms gee. – Confused­, WhatsAppWie’ djy … wie’ djy. Antie is dan nou skoons speechless.Jy mean hierdie vrou moet hêppie daaroor wees dat jy nie respek vir haar plek het nie en haar dogter onder haar dak seks?Jy mean sy moet net anderkant toe kyk en nie worry dat haar dogter op 17-jarige ouderdom ’n ma van twee kinders kan wees nie?Sy gaan nie die naam “ma” werd wees as sy julle toelaat om jul ding onder haar dak te doen nie.Maak nie saak hóé proof die baba is dat julle al seks gehad het nie.As jy ’n goeie relationship met jou future mother-in-law wil hê, sal jy respek teenoor haar en haar house rules moet hê.Dit
gaan regtig nie hier oor jou en hoe goed jy na jou meisie en jul kind
kyk nie. Jou meisie is anyway nog die responsibility­ van haar ouers.Kweek respek vir ander en hul property en wie weet, dalk sal jou aanstaande skoonma meer ooghare vir jou in die toekoms hê.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/meisie-se-ma-snaaks-na-sy-hulle-vang-seks-20190222

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.