Meisie veilig by huis | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DANKSY Son is ’n ma van Daleview in Despatch Sondag met haar vermiste 14-jarige dogter herenig.Son het verlede week berig oor Brandolene Chemonique Prince (14), wat skoonveld verdwyn het.Maar ma, Ester, het Son genader. Brandolene was toe reeds 12 dae vermis.Volgens Ester het ’n wildvreemde antie wat die artikel oor Brandolene in Son gelees het haar die afgelope Sondag omstreeks 17:00 gebel en gesê sy het die kind in Hankey gesien.Ester sê toe sy met Brando­lene oor die foon praat, het sy begin huil en gesê sy wil huis toe kom. Volgens Ester het sy die polisie onmiddellik gebel, waarna ’n cop Bran­dolene in Hankey gaan haal het.Brandolene is by die wildvreemde vrou se huis opgelaai.Ester sê sy was baie bly om haar dogter te sien. Sy is ongedeerd, maar was net baie honger.Ester sê Brandolene het weggeloop en by familie in Hankey gaan bly ná ’n voorval oor ’n selfoon.“Ek wil graag dankie sê vir almal wat gebid het toe ek so oor my kind geworry het. Dankie tog dat die Here haar bewaar het,” sê Ester.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/meisie-veilig-by-huis-20190102

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.