Mense óp gewag vir polisiestasie

Please log in or register to like posts.
News
Mense óp gewag vir polisiestasie

DIE bou van ’n tweede polisiestasie in Bethelsdorp in die noordelike gebiede van die Baai sloer nou al ses jaar.Intussen neem die bendegeweld toe en violate die inwoners se menseregte.Die DA-koalisieregering het in 2018 grond vir die cop shop beskikbaar gestel toe hulle in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit aan bewind was.Maar dit moet nog gebou word. Laas jaar het Bheki Cele, die polisieminister, die noordelike gebiede besoek en belowe die lang verwagte cop shop sal dié jaar gebou word.Met uitgebreide omliggende gebiede wat onlangs verder ontwikkel het, is die Bethelsdorp-polisiestasie se hande vol weens misdaad en moord.Inwoners van Bethelsdorp se polisiëringsgebied het daarom gister deelgeneem aan ’n DA march om hulle stem dik te maak oor die behoefte aan nog ’n polisiestasie.Hulle het by die busterminus in Rensburgstraat, Arcadia, begin en by die Bethelsdorp-polisiestasie geëindig.Onder die DA-lede teenwoordig was Bobby Stevenson, skadu-minister van veiligheid en sekuriteit, die DA se federale voorsitter, Athol Trollip, Edmund van Vuu­ren en die DA-premierskandidaat, Nqaba Bhanga.“Vandag eis ons dat ons konstitusionele reg tot veiligheid en sekuriteit beskerm en toegepas word. “Daar is ’n dringende behoefte om ’n tweede polisiestasie in die Bethelsdorp-polisiëringsarea te bou.“Ons het gesien Bethelsdorp het in 2017/’18 die tweede hoogste moordsyfer in die provinsie gehad met 127 moorde terwyl Gelvandale met 265 in dieselfde jaar die meeste pogings tot moord in die land gehad het. Dié twee stasies is ook op die provinsiale toptien vir roof met verswarende omstandighede,” het Bhanga gesê. Die memorandum is aan brig. Zolani Xawuka, Bethelsdorp se stasiebevelvoerder, oorhandig.Die memo eis meer hulpbronne vir die nuwe polisiestasie en die stigting van ’n permanente gespesialiseerde eenheid teen bendes en dwelms.Die DA stel ook voor die polisie moet meer jeugdiges in diens neem. Angeline Matthews (54) van die Vastrap-plakkerskamp sê: “Ons kort ’n nuwe stasie met die crime wat so hoog is en die mense wat so vermoor word. Ons bel die polisie en wil hê hulle moet dadelik uitkom en ons nie laat wag nie.”Maud Williams (70) van Arcadia stem saam: “Die polisie moet vinniger uitkom. Die drugs en skietery hier is al nes in Katanga. Met meer cops sal ek veiliger voel.”Hilton Grootboom (50) van Arcadia glo ook dit sal veiliger wees. Hy sê daar is te veel skietery en merts.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.