Mes teen ‘gun’ eindig tragies

Please log in or register to like posts.
Nuus
Mes teen ‘gun’ eindig tragies

Update
Port Elizabeth

’N MAN is dood toe ’n metro security hom geskiet het – blykbaar om homself teen ’n mesaanval te verdedig.’n Munisipale elektrisiën moes Saterdag omstreeks 10:30 die elektrisiteit by twee huise in die Northerns herstel.Sekerheidsbeamptes van die Nelson Mandelabaai- munisipaliteit het hom vir sy eie veiligheid in twee voertuie begelei na Uranusstraat, Barcelona. Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê toe hulle daar aankom, het ’n inwoner, Anneclato Barendse (29), een van die sekuriteitsbeamptes genader en gesê hy moet sy voertuig voor sy huis wegskuif.Die beampte het gehoor gegee, maar terwyl hy die voertuig geskuif het, het Barendse­ ook ’n woorde­wisseling gehad met die ander­ sekerheidsbeampte wat saam met die elektrisiën was.Barendse is toe daar weg.Maar volgens Naidu was Barendse kort daarna terug – met ’n lang mes in sy hand. Hy het die sekerheidsman genader, blykbaar met die idee om hom te lem. “Die beampte het sy vuurwapen op hom gerig en gevra om ’n tree terug te gee.Vyandig“Barendse het geweier en gesteek na die beampte, wat toe ’n skoot afgevuur het,” sê Naidu.Barendse is in die bors getref. Hy is op die toneel dood.Naidu sê die skare agies wat teen daai tyd saamgedrom het, het toe vyandig geraak. Hulle het die pad geblokkeer en die sekerheidsvoertuie met klippe bestook.Die beamptes het toe reguit na die Gelvandale-polisiestasie toe gery en die voorval aangemeld.Naidu sê die polisie ondersoek ’n moordsaak, maar niemand is in hegtenis geneem nie.Barendse se familie is stukkend en hulle soek geregtigheid vir die jong pa wat sy gesin se enigste broodwinner was.Daphne Mentoor (45), Barendse se ma, sê sy wens sy kan die sekuriteitsbeampte in die hande kry en hoor wat hy te sê het.“Anneclato was my oudste kind en dit was ’n groot skok. Hy sou altyd sy eie goed los om ander te help.”Mentoor is krapperig dat die skieter nog op vrye voete is. Sy sê die voorval was onnodig en die polisie beter die saak deeglik ondersoek.hartseer: Jocobus Barendse, Anneclato se oupa, meen die metro se sekerheidsbeampte moes eers ’n waarskuwingskoot afgevuur het. treur: Anneclato Barendse se ma, Daphne Mentoor (links), en sy meisie, Chantelle Ferreira (regs), is stukkend ná sy dood. Foto’s: deon ferreiraToneel: ’n Metro-sekerheidsbeampte het Anneclato Barendse in Uranusstraat, Barcelona, doodgeskiet. Langs sy lyk lê sy hond, Bruno.Foto’s verskafvaderloos: Shadé Ferreira (4), Anneclato Barendse se dogter, sit ’n blommetjie by haar pa se kruis. Die sekerheidsbeamptes is dan daar om mense te beskerm, weeklaag die ma.Anneclato se oupa Jacobus Barendse (72) stem saam.Hy sê dit grief hom dat dit ’n wetstoepasser is wat geskiet het. “Hulle is veronderstel om ons te behoed en bewaar. Ek voel ’n waarskuwingskoot moes afgevuur gewees het.”Anneclato se geliefdes het gedenkstene gepak op die plek waar hy dood is. Hulle het ook ’n kruis en blomme neergesit.Sy mense onthou Anneclato as vriendelik, nederig en pligsgetrou – ’n one in a million-persoon.Hy laat vyf broers en susters, ma en dogtertjie, Shadé Ferreira, agter.Die Baaise burgemeester, Mongameli Bobani, het Sondagaand ’n burgemeesterskomiteelid uitgestuur na die familie en glo beloof om vir die begrafnis te betaal.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/mes-teen-gun-eindig-tragies-20180924

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.