Messe eis twee mans in Strand

Please log in or register to like posts.
News
Messe eis twee mans in Strand

TWEE mans is Sondagaand in die Strand in twee afsonderlike mesaanvalle oorlede.Die eerste voorval het in die plakkerskamp Morkel’s Cottage plaasgevind.Orlando Hess is dood nadat hy gelem is. Volgens die polisie het die moord omstreeks 21:30 in Brownstraat plaasgevind. Hess is drie keer gesteek en het op die toneel sy laaste asem uitgeblaas. Ooggetuies het gou verdwyn toe cops op die toneel kom.Son het betroubaar verneem ’n rusie het die aanval voorafgegaan.BeroofDie polisie het vier mans van Morkel’s Cot­tage gearresteer. Hulle sal binnekort in die Strand-landdroshof op aanklag van moord verskyn.In nog ’n voorval is David Johnson (26) van Broadlands Park om die lewe gebring.Die voorval het 00:12 in Petunia­straat plaasgevind. Johnson was glo op pad huis toe toe hy beroof en met ’n mes in die bors gesteek is. Hy het op die toneel beswyk.Die polisie het nog niemand vir die moord in hegtenis geneem nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.