Metodiste eer Boraine | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Metodiste eer Boraine | Die Son

DIE Metodistekerk van Suider-Afrika (MKSA) rou ook oor die dood van eerwaarde dr. Alex Boraine­.Boraine, die voormalige ondervoorsitter van die Waarheid-en-versoeningskommissie, is Woensdag in Kaapstad oorlede.“Nog ’n dapper seun van die Metodistekerk is dood. Hy is op dieselfde dag dood as wat tata Madiba gesterf het.Demokrasie“Ons eer hom vir sy lewenslange diens aan die kerk en die gemeenskap,” het biskop Zipho Siwa, die voorsittende biskop van die MKSA, gesê.Siwa het gesê Bo­raine het geveg vir gelykheid en demokrasie en teen rassisme.Boraine is in 1956 ingehuldig as predikant in die kerk en was president van die MKSA van 1970 totdat 1972 voordat hy besluit het om die politieke arena te betree.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.