‘Metro sal suffer sonder Mettler’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE DA meen Donderdag was ’n sad dag vir Nelson Mandelabaai toe die stadsbestuurder, Johann Mettler, op ’n spesiale geslote raadsvergadering geskors is.Die koalisie (UDM, UF, AIC en ANC) wat nou in die Metro aan die bewind is, en spesifiek die burgemeester, Mongameli Bobani, het gekry wat hy gesoek het: die skorsing van Mettler.Maar volgens die DA is dit ’n besluit wat die stad duur te staan sal kom.“Die koalisie van korrupsie wat deur die ANC gelei word, het op die aandrang van die uitvoerende burgemeester, Mongameli Bobani, iemand geskors wat ’n groot bydrae gemaak het om die stad om te draai,” sê Nqaba Bhanga, Oos-Kaapse DA-leier.Volgens Bhanga het Bobani nog altyd ’n vendetta teen Mettler gevoer. Hy voeg by die bewerings wat teen Mettler gemaak is, is uit die lug uit gegryp en Mettler het ’n omvattende antwoord hierop gehad.Bhanga meen die dinge in die stad gaan met die verwydering van Mettler uitmekaar val.“Toe Mettler die korrupsie begin stabiliseer het, het hulle agter hom aan gegaan. Hy het ook gesorg dat korrupte beamptes geskors en verwyder word.“Ons gaan seker maak dié regering word verantwoordbaar gehou. Ons sal nie toelaat dat hulle die stad weer afbreek nie. Indien nodig, sal ons hulle hof toe neem,” sê Bhanga.Raadslid Retief Odendaal sê daar is geen prima facie-bewyse van die bewerings wat teen Mettler gemaak is nie.“Die hele proses is ’n gemors. Bobani wil sy eie dissiplinêre paneel skep wat Mettler se verhoor sal lei. Mettler was ’n struikelblok vir Bobani,” sê Odendaal.Oor die moontlikheid dat Nolwandle Gqiba, uitvoerende direkteur van menslike nedersettings in die Metro, die waarnemende stadsbestuurder sal wees, sê Bhanga: “Ons gaan haar oordeel – ons gaan dié munisipaliteit dophou.“Hoewel Mettler waarskynlik in die gelyk gestel sal word aan die einde van die proses, is die stad die grootste verloorder. Nie net het ons ’n uiters bevoegde administrateur verloor nie, maar dit is ook hoogs waarskynlik dat ons (die DA) Mettler ’n aansienlike skikking sal moet betaal,” voeg Bhanga by.Bhanga is oortuig dis mense buite die stad wat die besluite neem namens die nuwe koalisie, of die “kartel van kriminele”, soos hy dit noem.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/metro-sal-suffer-sonder-mettler-20180929

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.