Metropolisie kry 2 stasies | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE metropolisie in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit spog nou met twee splinternuwe satellietstasies.Dié stasies, wat geleë is in Motherwell NU2 en Hume­wood, is in die week bekend gestel.Dit is ’n uitvloeisel van die munisipaliteit se toewyding om munisipale dienste na die mense toe te neem.Dit is amptelik geopen deur die burgemeester, Mongameli Bobani, en die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, Litho Suka.Die metropolisie se drie hooffunksies is polisiëring van verkeer, misdaadvoorkoming en die toepassing van bylaws.Bobani sê: “Ek kan nie aan ’n beter manier dink om 2018 af te sluit as om twee metropolisie-satellietkantore bekend te stel nie.“Dié is die perfekte tyd van die jaar daarvoor, want ons almal weet misdaad neem gewoonlik toe in die feestyd. Ons is nou in die hart van Motherwell en sal in staat wees om misdaad te beveg van binne die gemeenskap.”Bobani het voorts gesê die bou van ’n township-ekonomie begin by die beveiliging van lokasies vir plaaslike en buitelandse beleggers.“Dié is ernstige sake. Misdadigers en mense wat nie die bylaws respekteer nie, moet gewaarsku wees dat hulle tyd verby is.”Die satellietkantore wat gebaseer is in die Motherwell Thusong-sentrum en by Brookes Pavillion in Hume­wood, is onmiddellik operasioneel.EffektiefAl wou die hoof van die metropolisie, Yolanda Faro, nie die presiese aantal ontplooide beamptes spesifiseer nie, het sy gesê die beamptes by die twee nuwe kantore is genoeg vir eers.Die beamptes sal ook met die SAPD saamwerk.Faro verduidelik die metropolisiebeamptes sal vinnig en effektief reageer op oproepe wanneer hulle in die hart van die gemeenskap is. “Hulle sal nie meer lang afstande hoef te reis nie en dit beteken daar is minder tyd vir misdadigers om te ontsnap omdat die metropolisie en die SAPD vinnig ontplooi sal word,” sê Faro.Suka het gesê die opening van die addisionele satellietstasies sal verseker dat bylaws soos dié oor onwet­tige rommelstrooiing toegepas kan word.“Ons townships is vol vullis. Mense dump onwettig en dink daar gaan nie gevolge wees nie, maar hulle is verkeerd,” sê Suka.Faro het bygevoeg hulle wil graag ’n satellietstasie in elke wyk open as die begroting dit toelaat.Daar is ook ’n satellietkantoor in die noordelike gebiede langs die Chatty-gemeenskapsaal.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/metropolisie-kry-2-stasies-20181213

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.