Miljoene betaal vir niks | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HEERKOS Projects het destyds die munisipaliteit sowat R9,9 miljoen gecharge vir ’n internetgebaseerde tenderbestuurstelsel. Nadia Gerwel, ’n voormalige assistent-direkteur in die munisipaliteit se finansieskantoor, het na verneem word die geld oorbetaal. Dit blyk egter dat die Metro die stelsel nooit ontvang het nie. Gerwel, Cheeky Watson, voormalige baas van OP Rugby, en Andrea Wessels, eienaar van die maatskappy Zeranza 299, en Mandisi Mkaza, voormalige direkteur van die Laphumilanga-taxivereniging, staan saam tereg op aanklagte van geldwassery van nagenoeg R12 miljoen.Stephan Pretorius, die voormalige uitvoerende hoof van Access Management wat aan die stuur van die Nelson Mandelabaai-sta­dion was, is ook ’n beskuldigde. Nadia GerwelFoto: netwerk24Zeranza 299 is ook as beskuldigde tot die saak gevoeg.Die verhoor, wat verband hou met ’n bedrogsaak oor dié stad se geïntegreerde openbarevervoer-stelsel (IPTS), sal na verwagting binnekort begin. Verder is ’n verbeurdverklaringsbevel in Julie in die Baaise hooggeregshof toegestaan aan die batebeslagleggingseenheid. GeregistreerWessels se spoghuis mag dus opgeveil word.Andrea WesselsFoto: theo jepthaDie huis is R850 000 werd en is geregistreer in die naam van Zeranza 299 (Edms.) Bpk. Wessels het die huis, geleë by Couldridge Crescent 15, Uitenhage, op 21 Februarie 2013 gekoop.Die batebeslagleggingseenheid het reeds in April verlede jaar ’n bewarings­bevel gekry. Die eenheid het by die hof aansoek gedoen om die huis finaal aan die staat verbeurd te verklaar.Die batebeslagleggingseenheid het die aansoek om die huis verbeurd te verklaar gegrond op die basis dat dit die opbrengs van kriminele aktiwiteite is.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/miljoene-betaal-vir-niks-20181029

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.