Misdadigers voel die hitte | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE nasionale in­gry­pings­eenheid en taktiese reaksiespan het weer groot welslae teen misdaad in die Baai behaal.Dié spesiale kombinasie, wat die minister van polisie, Bheki Cele, ’n paar weke gelede ontplooi het, sal die die volgende drie maande Northern Areas teiken.Die twee spanne het die naweek verskeie operasies in Gelvandale en Bethelsdorp uitgevoer.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê verskeie dwelmposte is deursoek, dwelms is ge­konfiskeer en verdagtes is gearresteer.Saterdag omstreeks 19:15 het die polisie inligting ontvang oor drugs in Schauderville.Die span het toe ’n klopjag uitgevoer in die taxi­staanplek en ’n shack.Die lede het 88 rolle dagga, byna 1 kg saamgeperste dagga, drie sakkies tik, 4,5 g kokaïen, kontant en messe gekonfiskeer.Naidu sê ’n 23-jarige man is gearresteer en hy word aangehou op ’n aanklag van dwelmhandel.Later die dag, omstreeks 13:00, het die span ge­reageer op inligting, weer oor dwelms, en moontlik vuurwapens, by ’n huis, weer in Schauderville.Die polisie het die huis in Lawlerstraat deursoek en 960 Mandraxtablette, 34 pakkies tik, 43 patrone, 98 Purata-tablette en 23 klein pakkies kokaïen gekonfiskeer.’n Kluis, wat verskeie horlosies en juwele bevat het, is ook gekonfiskeer.’n Man (43) is gearresteer op aanklagte van dwelmhandel, die onwettige besit van ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde ware.Albei verdagtes verskyn vandag in die Baaise landdroshof.Sondag het lede weer gereageer op inligting van die gemeenskap.Dis nadat inwoners afgekom het op ’n tuisgemaakte vuurwapen in ’n jaart in Timothy Valley.Naidu sê blykbaar het die inwoners en bendelede geargumenteer.Een van die bendelede het gevlug en die vuurwapen weggegooi.Die jaart waar die tuisgemaakte vuurwapen gevind is, is in Romania- straat.Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie.Die Oos-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Li­ziwe Ntshinga, belowe: “Dié operasies sal in die feestyd en nuwe jaar uitgevoer word.Bedank“Dwelms en die onwettige besit van vuurwapens is die vernaamste bydraende faktore tot ernstige en gewelddadige misdade.“Ons bedank die gemeenskappe vir die inligting wat sy lede ons oor onwettige bedrywighede bied en ons vra hulle om aan te hou om dit te doen.“Saam sal ons die gemeenskap bevry van die druglords en hulle besighede ’n knou toedien.“Ons sal hulle onwettige bedrywighede in ons woongebiede glad nie duld nie.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/misdadigers-voel-die-hitte-20181217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.