Moord op ma: Man in arres

Please log in or register to like posts.
News
Moord op ma: Man in arres

’N GEREELDE moeilikheidmaker is Sondag gearresteer vir die moord op Kelly Bain (26) van Port Elizabeth­.Die verdagte, Sizwe Jika (27), het gister in die Baaise landdroshof verskyn vir ag ander huisbraaksake wat tussen­ Maart en Julie 2018 in die Kabegapark­-, Humewood­- en Mountweg-area gepleeg­ is. Hy het ook verskyn op aanklag van die moord op Bain.Die jongste deurbraak is gemaak danksy die Mountweg­-cluster se speurder-taakspan.In Julie 2018 is Bain, wat toé op kraamverlof tuis was saam met haar maand oue baba, doodgesteek in haar townhouse in Kabegapark.sizwe Jika FOTO VERSKAFKapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, het gesê Bain se huiswerker was ook teenwoordig ten tyde van die aanval en is in die badkamer toegesluit. Bain se verloofde, Christopher Bonus, het toe by die huis aangekom en baklei met die aanvaller in die slaapkamer voordat hy dit reggekry het om te ontsnap. Die baba was ongedeerd.Die verdagte is reeds op 21 September 2018 gearresteer. Dit was toe twee verdagte mans ingeroep is vir ondervraging nadat polisielede van Walmer­ hulle gevind het in Adamweg in Charlo. Die mans kon nie sê wat hulle daar maak nie en die polisie sê die area is ’n hot spot vir inbrake. Hulle is na die polisie­stasie toe geneem. Jika het deur die venster gespring en weggehardloop.VerbindOp Woensdag 3 Oktober 2018 is Jika in die middedorp van Aliwal-Noord gearresteer met die hulp van die operasionale bevelsentrum daar.ann smitFOTO verskafJika is ook positief verbind met die moord op en roof van Ann Smit (86) in Mei 2018 in Kammapark. Hy is daarmee verbind deur middel van forensiese bewyse. Sy volgende hofverskyning vir die moord op Smit sal later dié maand plaasvind.Die saak van ontsnapping uit regmatige aanhouding­ is ook hangend. Die verdagte is voorheen skuldig bevind in 12 huisbraak- en diefstal-sake wat gepleeg is sedert 2007.Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris, het die Mountweg cluster geprys. Sy sê: “Ons sal nou saamwerk met die nasionale vervolgingsgesag om seker­ te maak dat dié verdagte sy regverdige straf kry. “Ons speurders is ook besig om hom te verbind met vorige doodloopsake in die cluster. “Ons het tot dusver uitstekende resultate behaal deur die verdagte te verbind met baie ernstige en geweldsmisdade wat in die Nelson Mandela-metro gepleeg is.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.