Moord op pel se ma: Ou in hof

Please log in or register to like posts.
News
Moord op pel se ma: Ou in hof

WAT presies het daardie dag gebeur toe Hilary van Rooyen (52) in haar posh huis in Durbanville met ’n blompot doodgeslaan is? Dit is wat die hof wil weet wanneer die saak vandag in die Kaapse hooggeregshof begin. Van Rooyen se oudste seun se vriend, Reghard Groenewald, loop hof vir die moord én vir ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede. Groenewald is op kringtelevisie gesien wegry van die huis af. OpgetelVan Rooyen se jongste seun het op 9 Mei 2017 op sy ma se bebloede lyk in ’n bloedplas in die huis afgekom.Haar sleutels is opgetel by die laerskool nie ver van haar huis af nie.Haar man, Derrick, is hieroor ingelig, waarna hy sy vrou probeer bel het. Toe sy nie haar foon antwoord, het hy sy jongste seun gestuur om op sy ma te check. Groenewald was nie ’n vreemdeling by die huis nie. Hy is op 23 Mei 2017 in hegtenis geneem vir die moord en het reeds sekere verklarings oor die voorval aan die polisie gemaak.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.