‘Mortimer moet life kry’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
‘Mortimer moet life kry’ | Die Son

GEREGTIGHEID het gister vir die vermoorde Courtney Pieters geskied toe haar killer skuldig bevind is aan moord met voorbedagte rade en verkragting.Maar die kleuter se ouers het ná die uitspraak uit die hof gestorm en wou nie met die media praat nie. Of dit uit verligting of ontsteltenis was, weet geeneen.Supporters van Courtney was egter verheug oor die uitspraak en kon nie genoeg jubel en juig nie.Menicia Botha van Elsiesrivier was uit haar nate van dankbaarheid. “Ons gaan nie hier stop nie en is daar vir elke kind in Kaapstad. “Ouers wat so dronk lê en hulle kinders verwaarloos, ons kom vir julle.” Meisie Kerkstraat van Elsiesrivier sê die regering doen nie genoeg vir bruin mense en kinders se veiligheid nie.Eric Ntabazalila Foto’s: Peter Abrahams Roegshanda Pascoe van die Manenberg Peace-forum, wat met die soektog na Courtney gemoeid was en die familie ondersteun het, sê die hof moet vir Mortimer Saunders drie keer life gee. “Hy het haar verkrag en haar lewe en veiligheid ontneem.”Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die staat gaan fight vir twee lewenslange vonnisse.“Die staatsaanklaer in die saak, Esmeralda Cecil, het haar goed van haar taak gekwyt. Sonder prof. Johan Dempers se toegewydheid sou die staat nie vir Saunders op premeditated moord en rape kon vervolg nie. “Die ondersoekbeampte en ander kenners se rolle moet ook nie geringgeskat word nie.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply