Mosselbaai help word verlang ban die publiek

Please log in or register to like posts.
News

Maybe This would help:Vreemde en onverklaarbare dinge gebeur deesdae in Mosselbaai wat nie net die Polisie en nooddiensspanne besig hou nie, maar ook die publiek en buurtwaggroepe se paraatheid, oplettendheid en samewerking verg.

  1. Die MosJazz-fees was skaars verby, toe die liggaam van ‘n onbekende jong vrou gister kort ná middagete in die see by die Punt gekry is. Wat die ondersoek bemoeilik, is dat geen vermiste persoon of geval van verdrinking by die SAPD aangemeld is nie.
    Die oorledene – ‘n jong, blanke vrou met lang swart hare – is vermoedelik in haar laat tiener- of vroeë twintigerjare en was in ‘n swart bikini-bostuk en denim-kortbroek geklee.
    ‘n Man het die liggaam glo Maandag by die sloepe in die see sien dryf en die Polisie en NSRI ontbied, waarna sy uit die water gehaal en na die forensiese patologie-eenheid geneem is.
    ‘n Geregtelike doodsondersoek-dossier is geopen.
    ‘n Beroep word op enigeen met inligting gedoen om na vore te kom om die identiteit van die oorledene en die omstandighede van haar dood te help vasstel. Mense met inligting kan die polisie kontak by 044 606 2850.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?