MRK ondersoek nou Ashwin-voorval | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
MRK ondersoek nou Ashwin-voorval | Die Son

NEGE maande nadat die oud-Springbokrugbyspeler Ashwin Willemse uit ‘n SuperSport-ateljee gestap het, het die Menseregtekommissie (MRK) besluit om die voorval te ondersoek. Die voorval het verlede jaar in Mei plaasgevind.Voor Willemse, wat as analyst vir SuperSport gewerk het, uitgestap het, het aan sy kollegas Nick Mallett en Naas Botha gesê hy het “hierdie spel lank gespeel en ek is dikwels as ’n kwotaspeler beskou”. “Ek het hard gewerk om respek te verdien. So, ek gaan nie toelaat dat twee apartheidsera-spelers afpraat na my nie. Ek het genoeg gehad en kan nie saam met mense werk wat my ondermyn nie,” het hy gesêSuperSport het ná die voorval vir adv. Vincent Maleka SC aangestel om ‘n onafhanklike ondersoek te doen. Maleka SC het egter geen bewyse van naakte- of subtiele rassisme gevind nie. Hy het wel aanbeveel dat SuperSport die inisiatief neem en Willemse se bewerings van rassisme na die MRK neem vir ‘n finale besluit. Die MRK sê in ‘n verklaring dat hy ná deeglike bestudering van die onafhanklike verslag en die daaropvolgende mediaberigte en onderhoude waarin SuperSport van rassisme en viktimisasie beskuldig word, besluit het om ondersoek in te stel. “Die kommissie voel dit is gepas en in die openbare belang om ander bewerings van rassediskriminasie te ondersoek wat nie deel was van Maleka se ondersoek nie.”Die kommissie nooi huidige en voormalige werknemers en onafhanklike kontrakteurs  van SuperSport en ander belanghebbende partye om skriftelike voorleggings te maak. Die sperdatum daarvoor is Mei 2019

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.