‘Muur van rassisme’ pla | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
‘Muur van rassisme’ pla | Die Son

“ONS is nie ’n klomp lafaards nie.”Só sê Suzette Little, Thulani Stemela en Greg Bernado – drie van die vyf raadslede wat tydens ‘n raadsvergadering uit die DA-beheerde Kaapse stadsraad bedank het.Dié drie, sowel as Shaun August en Siyabulela Mamkeli, het weens ’n “kultuur van rassisme” in dié party hulle poste verlaat.Volgens Bernado oorweeg hulle nog hulle volgende move.GenaderHy sê: “Ons sal beslis nie die ANC of die EFF join nie. ’n Nuwe bedeling is nodig.“Die DA én die ANC het reeds die mense van die Wes-Kaap gefail.”Stemela het bevestig dat sommige politieke partye hulle reeds genader het om by hulle aan te sluit.Little sê dis ’n ou laai van die DA om mense swart te smeer sodra hulle die party verlaat. Sy meen dís presies wat die party nou met hulle doen. MetropolisieBernado sê die manier hoe ’n oorwegend bruin area soos Atlantis – waar hy wyksraadslid was – afgeskeep word, is bewys van die DA se rassisme.Volgens Bernado is net 0,5% van die metropolisie in Atlantis deploy. “Maar in die meestal wit areas is die metropolisie oral.“Die vraag is: Wie se lewe is belangriker? Dit is iets waarvoor ek baie in die koukus baklei het.“Maar elke keer loop jy jou teen ’n muur vas.”Hy sê hulle het bedank nadat hulle geteiken is omdat hulle nie ’n mosie van wantroue in Patricia de Lille­ wou ondersteun nie.Bernado sê hy skrik nie vir koue pampoen nie, maar is so erg geviktimiseer dat hy nie meer sy take behoorlik kon uitvoer nie.“Niks word egter gedoen nie. Maar ons is nie ’n klomp lafaards nie. Ons is bereid om te fight.”JP Smith, mayco-lid belas met veiligheid en sekerheid, sê Bernado moet sy feite agtermekaar kry.Smith sê: “Ons het R7 miljoen uitgegee om die verkeersdepartement in Atlantis­ op te gradeer en daardeur ook werkgeleenthede geskep.“Ons eenheid teen bendes en dwelms is ook baie aktief in die area. “Boonop het ons een van die eerste vrywilligersentrums vir rampbestuur in Atlantis geopen.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply