‘My kind praat nie só nie’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

CHARMAINE Uithaler het Vrydag getuig toe haar seun en sy eerste girlfriend destyds op Mxit gechat het, moes sy die girlfriend se boodskappe vir hom voorlees.Wanneer Jean-Claude Uithaler op die boodskappe gereply het, moes sy wat Charmaine is die boodskappe skryf. Jean-Claude was toe 19 jaar oud. Charmaine (59) het Vrydag in ’n binne­verhoor oor haar seun (25) in die Baaise hooggeregshof getuig.GeslaagJean-Claude word saam met Khawulelani Gqunta en Sinethemba Mfihlo (albei 24) verdink van die marteldood van Quinton David Williams op 14 Junie 2014.Die binneverhoor, wat Vrydag begin het, hou verband met die toelaatbaarheid van Jean-Claude se vroeëre confession.Volgens Charmaine het Jean-Claude gr . 7 gehaal, maar toe nooit die graad geslaag nie.Charmaine het getuig Jean-Claude het ’n leer­probleem en hy is in die meeste gevalle bloot van een graad na die volgende oorgeplaas.“Wanneer jy hom iets vra, moet jy dit vir hom verduidelik. Hy is baie stadig.” Volgens Charmaine skryf Jean-Claude sy naam as “Zaan”. Sy het getuig hy skryf soos ’n “sub A-kind en nie soos iemand wat 25 jaar oud is nie”.Jean-Claude se lawyer, Elsabeth Theron, het sekere woorde en uittreksels uit Jean-Claude se confession aan die hof gelees en Charmaine gevra of sy dink hy dit sal verstaan.Die woord “dwang” was een van die woorde in die bekentenis. Volgens Charmaine weet Jean-Claude nie wat die woord “dwang” beteken nie. ’n Uittreksel uit Jean-Claude se verklaring lui: “Ek weet dat die hof enige vonnis kan oplê wat hy goeddink en dat ek nog steeds die verklaring wil aflê.”Charmaine het hierop gereageer deur te sê: “Nee, Jean-Claude praat nie sulke Afrikaans nie.”Volgens Charmaine het die distriksgeneesheer wat Jean-Claude destyds geëvalueer het, ene dr. Mpofu, hom gevra om van 1 tot 100 te tel. Sy het getuig haar seun was nie in staat om van 100 tot 1 terug te tel nie. Volgens Charmaine het sy die konsultasie bygewoon. Adv. Garth Baartman, die staatsaanklaer, het uittreksels uit Mpofu se verslag oor Jean-Claude aan Charmaine voorgelees.Volgens Baartman staan in die verslag Jean-Claude het gewoonlik dagga en tik gerook.Hierop het Charmaine getuig sy weet nie daarvan nie.Volgens haar weet sy van een geleentheid waar Jean-Claude saam met iemand ’n daggazol gerook en agterna siek geraak het.Volgens haar het haar seun nie geweet daar is dagga in die zol nie. Charmaine het gesê Jean-Claude het hierna gesê hy gaan nooit weer dagga rook nie.Nog ’n uittreksel uit Mpofu se verslag lui dat die beskuldigde alkohol gedrink het. Hierop het Charmaine geantwoord haar seun het wel bier gedrink. Charmaine het bygevoeg gedurende Mpofu se konsultasie met Jean-Claude is niks van dagga, tik en alkohol gesê in haar teenwoordigheid nie.VerwysVolgens Baartman het Mpofu tot die gevolgtrekking gekom dat Jean-Claude verstandelik gestrem is. Die dokter het hom na die Psigiatriese Hospitaal Fort England in Makhanda (voorheen Grahamstad) verwys.Hy het gesê die twee psi­giaters wat Jean-Claude daar geëvalueer het, het bevind hy sal in staat wees om die hofverrigtinge te volg. sinethemba mfihlo jean-claude uithaler Foto’s: deon ferreirakhawulelani gqunta Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/my-kind-praat-nie-so-nie-20190217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.