My klong is nie ’n betaster!

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NET een van die vyf jong seuns wat daarvan verdink word dat hulle ’n jong meisie onsedelik aangerand het, voel dit ernstig aan sy lyf. ’n Ma van Elsiesrivier glo haar seun was nie eens by die skokkende voorval betrokke nie. Haar gevoel is die skool viktimiseer hom. Die ma sê haar gr. 6-seun ly aan aggressiewe ADHD. Sy gee toe hy is gereeld vir die onnies by die skool ’n kopseer.Die vrou voel die skool wou net van haar seun ontslae raak en dis hoekom net hy op die ou end geskors is.GespoegVolgens die ma was haar seun glad nie by toe ’n groep seuns ’n gr. 4-meisie op die grond neergegooi en aan haar borste en vagina gevat het nie.Daar is ook in die meisiekind se mond gespoeg.“My seun was besig om met sy bal te speel toe hy op die ding afkom. Hulle het bo-op haar gelê.“Hulle het haar hemp se knope losgemaak en aan haar borste gevat.“Een van die seuns het sy hand in haar broek gedruk.“Toe die een in haar mond wou spoeg, het my seun ingespring om hom te keer. “Hy het nog sy hand om haar mond gehou toe hulle gevang is.”Volgens die ma het die meisiekind aanvanklik vir die skoolhoof gesê haar seun was nie betrokke nie, maar toe verander sy agterna haar deuntjie.Verlede Vrydag is ’n dissiplinêre verhoor oor die voorval gehou. Volgens die ma is haar seun die enigste een van die vyf wat daarna geskors is.Die ma vaar uit: “Wat my kwaad maak, is dat my seun die enigste een is wat nie meer die skool mag bywoon nie.”Die ma sê sy het reeds iemand vir regshulp ge­nader.Hulle gaan haar saak ondersoek.Van die departement se kant blyk daar min steun vir die seun te wees. Millicent Merton, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van onder­wys, sê die leerder is nie geskors nie.“Volgens die skool is die leerder aan wan­gedrag skuldig bevind.“Wanneer ’n leerder die skool se gedragskode oortree, het die skool ’n reg om hom te dissi­plineer.“Die departement ondersteun skole wat verseker dat die regte dissiplinêre stappe gevolg word wanneer dit by geweld en dwelmmisbruik kom. Ons het geen genade vir leerders wat verskeie dissiplinêre kodes oortree nie, soos as hulle medeleerders aanrand.”

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/my-klong-is-nie-n-betaster-20180927

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.