My verloofde verneuk my met langbeen-vrou

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaHelp asseblief. My fiancé is besig om my lelik vir ’n pop te vat.Ek het pas uitgevind hy het die afgelope twee jaar ’n affair.Ek het niks vermoed nie, want ons albei is in bestuursposte en spandeer baie tyd by die werk.Ek het hom vertrou, want ons is al ses jaar saam.Ons het planne gehad om Paas­naweek weg te gaan Durban toe, maar ek moes maar alleen gaan, want iets het voorgeval – soos gewoonlik.Ek het agterna by my buurvrou gehoor hy het omtrent gepaartie met ’n langbeen-vrou, en dis nie die eerste dat sy daar kom as ek nie daar is nie.Ek het sy beste vriend gedreig om te praat en hy sê hulle ontmoet mekaar somtyds in klubs.Ek het toe werk gemaak om alles oor die affair uit te vind.Ek het toe uitgevind wie die ander vrou is. Sy is ene Miss D en sy werk glo ook in dieselfde area as hy.Sy werksure is lately baie deurmekaar. Dit is laat aande tot 21:00, somtyds 7 dae per week.Ek het op ’n swart boekie afgekom wat hy onder sy laptop-sak wegsteek. Van al die name in daai boekie is haar naam omtrent met hartjies omring.Ek het hom behoorlik uitgetrap, want toe ek die bankstate nagaan, het ek gesien hy het die helfte van ons spaargeld vir ons troudag op haar gemors.Ek weet nie wat om te maak nie, want ons trou Desember, maar ek is nie meer so seker nie.Hy het gesê dat hulle net vriende is, want hulle het saam skoolgegaan by Sarepta in Kuilsrivier, maar ek weet dis net ’n klomp bullshit.Dan spoil hy my en sê dat niemand hom kan bevredig soos ek nie.Antie, moet ek hom los of nog ’n kans gee?Ek is bang almal gaan agter my rug praat, maar ek is verskriklik lief vir hom. – AnoniemNee wat, meisie, daai ou is ’n gladdebek-joller. En as hy nou al twee jaar met daai girl spyker, is daar geen manier waarop hy nou gaan stop nie.Hy bederf jou, want hy weet jou liefde vir hom is blind en jy sal hom elke keer vergewe. Los hom, want hy gaan jou net meer hartseer besorg in die toekoms.Dit is beter om nou die verhouding te beëindig as wanneer julle getroud is en dalk kinders het. Jy klink na ’n goeie girl wat ’n goeie ou verdien. Ek weet dit is moeilik, maar tyd genees alle wonde.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/my-verloofde-verneuk-my-met-langbeen-vrou-20181103

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply