N EKS-GANGSTER is vroeër vandeesweek op sy eie voorstoep sat geskiet.

Please log in or register to like posts.
Nuus

N EKS-GANGSTER is vroeër vandeesweek op sy eie voorstoep sat geskiet.

Die 52-jarige Moegamat Nadeen Saban is voor sy huis in Hanover Park aangeval.

Saban, ook bekend as Ballie, is Woensdag om 20:37 in Huronstraat die hiernamaals in geblaas. Hy is twee keer in die rug geskiet en een keer in die sy.

Sy killers het hom na buite geroep en toe op hom losgebrand.

Hy is op die toneel dood.

’n Neighbour is in die bors getref omdat sy tydens die voorval die hekkie vir haar klong oopgemaak het. Sy is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Saban se seun is in die arm gewond toe hy sy pa te hulp wou snel.

Volgens Saban se neighbours het hy al jare gelede sy gangster-nwattas laat staan.

Woensdagaand is ’n man in Ravens­mead doodgeskiet. Hy was net 33 jaar oud.

Die voorval het 20:20 in Waterfordweg in Connaught Estate plaasgevind.

Die cops raap en skraap nog vir leidrade.

Volgens ’n woordvoerder van die polisie, Noloyiso Rwexana, is die suspects nog nie vas­getrek nie

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.