’n Koeël tref vrou in bene

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VROU wat gesit en groente verkoop het, het net ’n skoot hoor afgaan en toe sy kyk, is sy deur die bene geskiet.Dit het Maandagmiddag in Cottrellstraat in Korsten in die Baaise noordelike gebiede gebeur.Volgens kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, is daar op die oomblik nie baie inligting beskikbaar nie omdat die vrou se volledige ver­klaring nog afgeneem moet word. Sy is tans in die hospitaal.Klaer“Maandag omstreeks 14:40 het ’n vrou in Cottrellstraat vrugte verkoop. Daar het vermoedelik ’n roof naby haar plaasgevind en een skoot is afgevuur. Sy is in die bene getref.“Dit is moeilik omdat daar nie ’n klaer in die saak is nie, maar daar sal sake geopen word,” voeg Rheeder by.Gerugte wil dit hê dat ’n verdagte of verdagtes ’n man probeer beroof het. Hy het ’n vuurwapen by hom gehad en het toe op die vermeende rower of rowers geskiet.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/n-koeel-tref-vrou-in-bene-20181009

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.