N1 hit lei tot 8 arrestasies

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N TROP verdagtes is vas vir die N1 hit – en dít binne net 24 uur.Brig. Novela Potelwa bevestig die cops se bende-eenheid (AGU) het ag verdagtes in hegtenis geneem vir die bullet festival langs die N1 Woensdag – en een van hulle is self ’n cop.Die AGU het die verdagtes gisteroggend in ’n plakkerskamp in Philippi agter die lughawe vasgevat. Anthony “Lippe” Simons (28), wat in Woensdag se hit op die N1-snelweg uitgehaal is, was ’n wanted man.Simons se uncle, eerw. Patrick van Reenen, sê Simons moes ’n week gelede vir sy lewe vlug toe jongens hom ook wou afhaal.Van Reenen vertel: “Hy kon nie in die Elsies woon nie, want hy was wanted deur die gangsters.“Laas week het hy ons besoek en die jongens het hom met guns gejaag.“Hy het drie maande ge­lede uit die Voorbrug-gevangenis gekom.Volgens Van Reenen is Simons se slagaar morsaf geskiet. Hulle vermoed die hit was bendeverwant.Intussen sterk Angelo “Morgue” le Roux (26) nog in die hospitaal aan.Le Roux is na bewering die leier van die Terrible Josters. Hy is laas jaar in hegtenis geneem vir poging tot moord op Jerome “Donkie” Booysen op 8 Mei.Hy is in die maag getref en ’n 24-jarige vrou in die skouer.Le Roux en kie het in ’n wit Golf 4 gery toe die motor op die Plattekloof-afrit op die N1 sonder petrol gaan staan.’n Wit Nissan Sentra met drie insittendes het gestop om hulle te help.Die mans het uitgeklim en was besig om die Golf te tow toe ’n silwergrys Audi verbyry en die insittendes op hulle skiet.Potelwa het bevestig die Audi is in Philippi gekry – met koeëldoppies wat in die aanval afgevuur is.Ooggetuies het bespiegel dat die Audi aan ’n ander bende­leier behoort.Die cops het egter nie dié storie bevestig nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/n1-hit-lei-tot-8-arrestasies-20181220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.