‘Namelekkers‘ vat jobs weg | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIT gaan oor die naam en nie die kwaliteit nie.Weet ’n kind in elk geval van wat fake is of nie? Só redeneer Freddy John­son, ’n pa van vyf minderjarige kinders wat almal hulle eie name brand-klere en -skoene vir die feestyd wil hê. Hy het egter nie die real deal gekoop nie.Johnson, sy vrou, Lindy, en twee van hulle kinders het Woensdag die shops ingevaar om die laaste Krismisklere te koop. Johnson is van Elsiesrivier. Posh“Ons grootste shopping is reeds klaar gedoen. Daai is die tekkies. Ek moes ook vir my familie in die Oos-Kaap name brand-tekkies gekoop het.”Die “namelekkers” het hy in Bellville by die plaza in Durbanweg gekoop. “Almal koop hier. Mense met low income en diegene van die posh areas. Ons weet dis nie original nie, maar dis die naam wat die kinders wil hê. Vir die prys wat een paar tekkies jou sou kos, kan ek vir een kind drie pare koop.”Dit is die knyptang van sosiale druk waarin talle in die lae-inkomstegroep verkeer.KrapStel dit teenoor die groter prentjie – dis juis die na­gemaakte labels wat die land se ekonomie ’n liederlike knou gee.Emmy Williams van Ravens­mead­ glo weer aan die real deal, al moes sy ’n bietjie dieper krap om vir haar seun, Lucian (18), se egte Nike Air Force te betaal. “Ek het hier eers die prys (R2 600) gesien. Maar ek het dit betaal, want hy is my baba en dié jaar was sy matriekjaar. “Hy verdien dit. Maar dis sy laaste,” het Williams laggend gesê. Lucian sê hy wil nie fake goed hê nie. “As mens reg kyk, kan jy sien die kwaliteit is swakker. “Al my vriende dra original­ name brands. Hoe lyk dit nou ek daag op met fakes?”’n Winkelassistent by Sportscene in Parow wat spesifiek met die branded tekkies werk, sê selfs hy struggle soms om te sien wat eg is en wat nie. Hy sê: “Maar wat ek weet, is dat die fakes nie lank hou nie omdat dit nie gehalte is nie. En dan kan jy dit nie eens terugneem winkel toe nie.”Benewens die berugte winkels in Bellville is ook talle mense wat branded­ klere verkoop. Hulle gebruik WhatsApp en Facebook om hulle produkte te bemark. Celina Damons van Delft, een van die verkopers, sê sy laat haar klante goed verstaan dat haar merchandise nie original is nie.“Maar dit is ook nie rejects nie. Mense is gou om die vervalste tracksuits te judge, maar hulle staan tou om rejects te koop.”Sy sê sy en haar gesin dra ook die klere en skoene.Sy het gereelde klante vir wie sy op die boek laat koop. “Van die mense in ons gemeenskappe kan nie die original bekostig nie, maar hulle kinders wil dit hê.” Maar die toeganklikheid van al daardie nagemaakte goedere kan mense hulle werk kos en die ekonomie verder verswak.Daarom hou die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) en die departement van handel en nywerheid die invoer en vervaardiging van hierdie produkte goed dop. Binne drie weke het hulle in twee afsonderlike voorvalle op goedere van R21 miljoen beslag gelê. In albei voorvalle is die vragmotors met die goedere by die Rawsonville-weegbrug gevind.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/namelekkers-vat-jobs-weg-20181213-2

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.