Narsis boet ná vyf jaar

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

BYNA vyf jaar nadat ’n belowende regstudent dood is nadat sy op ’n trance-paartie verkrag en gewurg is, is haar kêrel tronk toe gestuur.Taariq Phillips (27) van Goodwood is gister in die Kaapse hooggeregshof 10 jaar tronkstraf opgelê op twee aanklagte van verkragting.Sharisha Deva, ook bekend as Sharisha Chauhan, is anaal en vaginaal verkrag voordat sy gewurg is, het die lykskouingsverslag gelui.Phillips en Deva se romanse het op hoërskool begin.Hulle het op 31 Desember 2013 saam met ’n groep jong mense die trance-paartie op die Le Bac-wynlandgoed buite die Paarl bygewoon.Daar het hulle die drugs LSD en MDMA gebruik. Sy het glo van die drugs siek geword en Phillips het haar na hulle tent geneem.In die vroeë oggendure van 1 Januarie 2014 is sy na die MediClinic Paarl geneem. Sy was naak en bewusteloos.Phillips is in September onskuldig bevind aan moord op haar, maar skuldig haar verkragting.SHARISHA DEVARegter Lee Bozalek het Phillips gister gevonnis.“Net julle twee was in daardie tent. Net jy kon aan ons verduidelik wat daar gebeur het.“Maar jy het nie oop kaarte met die hof gespeel nie. Jy het eers ná alles ter versagting van vonnis kom getuig.”Bozalek het bevind selfs in sy getuienis was Phillips behep met sy gevoelens.“Jy het geen empatie aan Sharisha se familie getoon nie.Drange“Als het gegaan oor hoe swaar jy gekry het nadat jou meisie dood is. Jy het ’n narsistiese, selfsugtige houding.”Bozalek het gesê sy selfsug is ook in die misdaad gesien.“Jou meisie was siek. In plaas daarvan dat jy hulp vir haar gekry het, het jy eers jou seksuele drange bevredig. Wie weet of sy nog kon gelewe het as jy vroeër gaan hulp soek het.”Volgens Bozalek wil Phillips nie eens verantwoordelikheid vir die drugs gevat nie.“Jy bly sê dit was ’n gemeenskaplike besluit, maar jy het ’n leiersposisie hierin gehad. Jy het almal se geld ingesamel en die drugs gaan koop.“Verder is ek skepties daaroor of dit regtig julle eerste experience met dwelms was.”Die saak het byna vyf jaar gesloer. Bozalek het gesê Phillips se vorige lawyers het dit deels aspris uitgerek.Phillips is in die hof geboei en na die hofselle geneem.Hy is later na die Polls­moor-gevangenis geneem.Sy nuwe lawyer van Legal Aid, adv. Burger Brandt, het aansoek gedoen om teen die uitspraak en vonnis te appelleer. Die aansoek is verwerp.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/narsis-boet-na-vyf-jaar-20181214

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.