Naweek lewer moorde in twéé families op

Please log in or register to like posts.
News
Naweek lewer moorde in twéé families op

AL IS moord deesdae alledaags, kan dit steeds skok.Twee lelike moorde is die naweek in Lwandle gepleeg. Dit was toe familielede mekaar om die lewe gebring het.Maandag het Morris Nyamandi (30) vir die moord op sy vrou verskyn.Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is die moord Sondag in Asanda Vil­lage gepleeg. Die slagoffer was in haar 20’s.Van Wyk sê verder ’n inwoner het die polisie oor die moord ingelig.Die Lwandle-polisie het vinnig opgetree. By hul aankoms by die huis het hulle die lyk van ’n vrou gevind. Haar linkerbeen was afgekap.Op die bloedige toneel het die polisie ook twee kinders gevind van wie die een ’n maand oue baba is.Die saak teen die verdagte is tot 26 Februarie uitgestel vir ’n borgtogaansoek.In dieselfde hof het Elvis Mampodo (25) vir die moord op sy pa verskyn. Dié gru-daad het Sondag 03:10 gebeur.DispuutVolgens die polisie word daar beweer ’n 50-jarige man en sy seun het in ’n rusie betrokke geraak wat toe tot die moord gelei het.Na verneem word wou die pa ’n dispuut tussen die verdagte en sy suster oplos. Dinge het nie goed verloop nie en die seun het na bewering ’n mes gevat en sy pa gesteek. Hy het op die toneel gesterf.Die saak teen Mampodo is tot 18 Februarie uitgestel vir ’n borgtogaansoek.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.