Nege vas oor besit van drugs

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

ALTESAME nege mense is Maandag op dwelmverwante klagte in die Baai in hegtenis geneem.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê lede van die nasionale ingrypingseenheid het stop-en-deursoek-operasies by beweerde dwelmposte in die Northerns gehou.Die eenheid is ontplooi om te fokus op bende- en dwelm-aktiwiteite in die Northerns.’n Vrou (35) is by ’n huis in Bosmanstraat in hegtenis geneem nadat 30 Mandrax-tablette, tik en 5 Stilpane-tablette in haar besit gevind is. SlaanSy word aangehou op ’n klag van handel in dwelms.Nog verdagtes is in stop-en-deursoek-operasies gearresteer nadat tik en kokaïen in hulle besit gevind is.Brig. Andrew Louw, die Mountweg-polisie se waarnemende gebiedsbevelvoerder, sê hy waardeer die volgehoue pogings van die lede om dwelmhandel hok te slaan.Hy sê die polisie sal druglords voortdurend konfronteer.Louw voeg by dwelmgebruik en -handel is ’n struikelblok vir ’n vreedsame, secure en gesonde gemeenskap.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/nege-vas-oor-besit-van-drugs-20190109

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.