Nepotisme: Monde is bot toe

Please log in or register to like posts.
News
Nepotisme: Monde is bot toe

BOTRIVIER. – Die inwoners hier het hul griewe grootpad toe gevat. Hulle beweer daar is nepotisme in die Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK). Dan kla hulle ook oor diens­lewering.Ontevrede inwoners het Dinsdag en gister stem dik gemaak en betoog.’n Raadslid wat uit vrees vir viktimisering anoniem wil bly, sê die vroulike DA-raadslede se mans is sommer diensverskaffers aan die munisipaliteit.Fanie Booysen, distriksleier van die ANC in die Overberg en oudburgemeester van Grabouw, het nie ’n wag voor sy mond gehad nie en sommer die beans op Facebook ge-spill.In Booysen se inskrywing beweer hy: “Die DA-burgemeester van die munisipaliteit beweer die ANC is korrup, maar laat ek dit duidelik maak: Haar boy­friend kry left, right en centre tenders.Onthul“Die begraafplaas-tender en die groot sekuriteit-tender is onwettig weggeneem.“ ’n DA-raadslid se man werk in Botrivier in ’n posisie waarvoor hy nie eens gekwalifiseer is nie.“Ek sal later meer onthul. Watch this space.”Meki Plato, die DA-raadslid in Booysen se post, het teenoor Son erken haar man werk wel vir die TWK-munisipaliteit.Maar Plato sê haar man hét die kwalifikasie vir die job.Sy sak af: “Wat hier aangaan, is net politieke propaganda!“Die regte prosesse is gevolg toe hy die werk gekry het.“Ons HR-afdeling sal sy kwalifikasies aan julle kan wys.”Gerard Matthyse, TWK se munisipale bestuurder, het aan Son gesê die inwoners se be­toging was oor Xhosa-skole, krag, ’n kliniek, polisiestasie, gemeenskapsaal en grond.Matthyse het glad nie ge­reageer op die bewerings van nepotisme nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.