‘Net dié eenheid kan ons red’

Please log in or register to like posts.
News
‘Net dié eenheid kan ons red’

“NET die anti-bende-eenheid kan die Strand van bende­geweld red.” Só sê Jan Frieslaar, voorsitter van die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum, nadat drie mense die naweek in dié kusdorp vermoor is.Frieslaar sê voordat nog onskuldige mense sterf, moet die eenheid kom skoonmaak sodat die inwoners rustig kan lewe.Bendegeweld wat met dwelmhandel gepaard gaan, het weer in die dorp opgevlam.Volgens die polisie het die eerste voorval Vrydag in Sesde Straat, Rusthof, plaasgevind toe ’n hitman by ’n hok ingestap het waar drie vriende gesit het.Die hitman het een van hulle in die kop geskiet.Niemand is in verband met die voorval gearresteer nie.Saterdag omstreeks 05:00 is ’n 21-jarige man in Fernstraat, Broadlands Park, met ’n mes doodgesteek. Twee mans is in verband met die voorval ondervra. Omstreeks 01:00 gister is ’n man in Daisystraat doodgeskiet. Die victim was uit op borgtog vir ’n moord in Macassar.Enigeen met inligting word gevra om lt.kol. Franklin Plaatjies by 0824693359 te bel.Frieslaar sê ’n dringende gemeenskapsvergadering tussen die forum en die polisie word vandag 19:00 in die Broadlands Park-gemeenskapsaal gehou om die misdaad te bespreek.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply