New York wink vir sokkerspan

Please log in or register to like posts.
News
New York wink vir sokkerspan

DIE Lavender Hill-voetbalklub wil in 2020 in New York aan ’n toernooi gaan deelneem.Shaun Petersen (39), wat aan die stuur van dié projek is, sê sy doelwit is om ’n verskil in die lewe van Lavender Hill se kinders te maak.Met dié motivering het hy toe die sokkerklub begin.Hy sê: “Ons makeer geldelike hulp om die seuns Amerika toe te stuur. Ons is tans besig met fondsinsameling.” ’n Dag waarop hy hoop om die fonds ’n lekker boost te gee, is wanneer die hoërskole Lavender Hill en Steenberg op Vryheidsdag (28 April) ’n sokkertoernooi gaan hou.Petersen sê: “Ek begin sommer al vroeg aanklop vir ondersteuning.“Ons is bereid om enige borg se naam op ons truie te dra en op banners rondom die veld.REDDING: Shaun Petersen sê hy wil ’n verskil in die laities se lewe try maak.Foto: FU’AD RAHMAN “As ’n laitie nie sokker speel of enige ander buitemuurse aktiwiteite doen nie, dan is dit heel waarskynlik dat hy ’n gangster gaan word.“Ons gee die kind ’n droom om iets in die lewe te word en nie te begin met gangsters en met drugs nie.“Die gangsters in Lavender Hill skiet mense en mekaar gedurig dood.“As ons vroeg in die seun se lewe begin, kan ons ’n groot verskil maak.”Petersen is self in Lavender Hill gebore en ken die gemeenskap se swaarkry, armoede en smart alte goed.Hy sê: “My ma het my alleen grootgemaak. Ek weet hoe swaar dit was, maar ek kon dit regkry om my weg te hou van al die negatiewe dinge.”Mense wat wil help, kan die klub kontak deur Cheslyn Hempe by 071 936 6475 te bel of e-pos hulle by shaun@ boskabouteradventures.com.

Reactions

Nobody liked ?