Nie DA-lede; twee appelleer | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE twee raadslede wie se DA-lidmaatskap beëindig is, gaan appelleer teen die Baaise hooggeregshof se beslissing dat dit wel die geval is.Neville Higgins en Trevor Louw meen dat regter Elna Revelas se besluit op 11 Desember 2018 – wat lui dat hulle nie meer raadslede is nie – verkeerd is. In September het Higgins en Louw op ’n raadsvergadering teen die DA gedraai deur die kant te kies van die huidige koalisieregering.Die tussenverkiesings vir wyke 35 en 37 sal gehou word op 6 Maart vanjaar sodat nuwe wyksraadslede gekies kan word.Eric Mabuza van Mabuza Attorneys, Higgins en Louw se prokureur, sê in die hof­dokumentasie dat Revelas ’n fout begaan het deur te sê hul DA-lidmaatskap is wettig en regverdig beëindig. Trevor LouwMabuza sê Revelas het nie in ag geneem dié betrokke raadsvergadering is wettig belê nie; en ook nie dat die twee raadslede hul konsti­tusionele pligte nagekom het as openbare verteenwoordigers nie.Mabuza sê voorts Louw se bedankingsbrief is nooit ingedien nie en daarom bly dit sy persoonlike dokument.“Indien die geleerde regter die konstitusionele konteks van die saak in ag geneem het, sou sy bevind het dat:1. die respondente se DA-lidmaatskap nie regverdig en wet­tiglik beëindig is nie;2. die respondente raadslede bly;3. daar geen basis is om die respondente se poste vakant te verklaar en ’n tussenverkiesing aan te kondig nie;4. die respondente se lidmaatskap by die DA geldig is totdat die DA se grondwet en die SA Grondwet gehoorsaam word;5. die respondente sal raadslede bly onder die munisipale bestuurder totdat hulle setels as vakant aangekondig word.”Louw was nie beskikbaar vir kommentaar nie en Higgins het Son na Mabuza verwys. Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, sê: “Volgens die DA is Neville Higgins en Trevor Louw nie meer lede van die DA nie. “Hulle woon nie DA vergaderings by nie. Hulle probeer om die DA te vertraag.“Ons is besig om ons gereed te maak vir die tussenverkiesings nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie die vakante poste aangekondig het.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/nie-da-lede-twee-appelleer-20190129

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.