Niggie ’n hero | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

AS DIT nie was vir ’n vierjarige meisie se beskrywing van die vrou wat haar niggie (8) in ’n taxi ingedwing het nie, was dit dalk tickets met haar.’n Ma van Arcadia in die Baaise noordelike gebiede het langer as 12 uur verwoed gesoek na haar vermiste agjarige dogter.Chelsea McCharlie het Maandagoggend spoorloos verdwyn nadat ’n wildvreemde vrou haar met lekkers en chips gepaai, haar in ’n taxi ingedwing en verdwyn het.As dit nie vir die gemeenskap, die Concerned Citizens of PE Metro, die Concerned Community of Arcadia en ander besorgdes se soektog was nie, sou Chelsea seker nou nog missing gewees het.Sy was toe heeltyd by die vreemde vrou se huis in Timothy Valley. Wat haar eintlike planne met die kind was, sal niemand weet nie.Carol-Ann (28), Chelsea se ma, is uit haar vel van blydskap nadat sy haar kind ongedeerd teruggekry het. Sy vertel: “Chelsea bly by haar ouma Roinca Willeman (57) omdat dit nader aan die skool is.“Gister (Maandag) rondom 11:00 het my ma my gebel om te vra of Chelsea dalk by my is. Sy was nie. Dis toe dat ons begin rondbel.”CHELSEA MCCHARLIESLIM KIND: Danksy Lushaan Britz het Chelsea McCharlie se mense ’n beskrywing van die ontvoerder gekry.Foto’s: THEO JEPTHAverlig: Carol-Ann McCharlie (regs), is bly Chelsea, haar dogter, is veilig tuis.VIDEO:Die vermeende ontvoerder met haar high heels is op dié CCTV-opname te sien.Intussen het klein Lushaan Britz (4), Chelsea se niggie, na Willeman toe aangehardloop gekom.“Sy het vir my gesê daar was ’n vrou wat vir hulle lekkers en chips gekoop en Chelsea saamgevat het in ’n taxi,” sê Willeman.Volgens Lushaan het die vrou ’n bolla op haar kop en sy’t jeans met baie hoë hakskoene gedra.Chelsea verduidelik self: “Die tannie het gesê my pa sê ek moet saam met haar na haar huis toe gaan. “Sy het vir my en haarself taxi fare betaal en toe trek sy my by die taxi in.”Sy sê sy was bang en wou nie saamgaan nie.Voordat sy gevind is, het die gemeenskap van Arcadia in groot getalle byeengekom om te help soek. Hulle het die strate ingevaar en oral rondgevra. Hulle het ook die vrou en Chelsea saam gesien op CCTV footage naby Sugarbushstraat, waar sy woon.Ná middernag het die cops die vrou in Jamaicastraat opgespoor. Daar het hulle haar gearresteer.Carol-Ann wonder wat die vrou met haar kind wou maak. Sy voeg by hulle ken haar van geen kant af nie.Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Die vrou sal môre (vandag) in die hof verskyn op ’n aanklag van ontvoering.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/niggie-n-hero-20180925

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.