Nooit ligte uit vir mense in Kaapse middestad

Please log in or register to like posts.
News

GEDINK dit is onmoontlik om beurtkrag vry te spring?Wel, dink weer, want as jy in die Stad Kaapstad se sentrale sakegebied (SSG) woon, sal jy nooit in die donkerte wees nie.Die Stad Kaapstad het Vrydag bevestig sy SSG en omliggende woongebiede ervaar doelbewus geen beurtkrag nie.Terwyl die res van die Kaap sewe agtereenvolgende dae van fase 4- beurtkrag moes proe, was dit opmerklik dat larney woongebiede soos Gardens en Vredehoek g’n proesel van beurtkrag gehad het nie.Dié woongebiede is amptelik op die Stad se beurtkragskedules.UitgesluitPhindile Maxiti, burgemeesterskomiteelid belas met energie en klimaatsverandering, sê hierdie areas word van beurtkrag uitgesluit oor die “bevolkingsvolume”.“Openbare veiligheid is die hoof-oorweging, asook die impak van vervoer weens ekstreme verkeersophopings wat veroorsaak word deur commuters wat van en na die SSG reis,” het Maxiti verduidelik.Hy sê verkeersligte wat geaffekteer word deur beurtkrag het ’n groot impak op pendelaars.“Openbare veiligheid is ook ’n groot concern vir groot openbare events en sulke events word, waar moontlik, uitgesluit wanneer dit by beurtkrag kom.”Maxiti sê die Stad maak ook voorsiening vir die “beperking” van beurtkrag in groot nywerheids­gebiede.Fin24 het voorheen berig dat Eskom al begin beplan het aan fase 5- tot fase 8-beurtkrag om ’n algehele blackout in die land te verhoed.OngeriefEskom sukkel al vir langer as ’n week om die ligte in die land aan te hou nadat die tropiese sikloon Idai groot verwoesting in Mosambiek gesaai het. Dit het beteken Eskom kon nie krag van dié land kry nie.Kleinsake-ondernemings sukkel veral om kop bo water te hou in die vlaag van kragonderbrekings waarmee hulle moet deal.Die gewone mens in die straat trek ook hewig aan die kortste ent en veral op platforms in die sosiale media is daar gal gebraak oor nie net die ongerief wat met load shedding gepaard gaan nie, maar vleise en kosse wat weens die gebrek aan elektrisiteit weggegooi moes word.Fase 1 en 2-beurtkrag heers tans regoor die land. – Fin24

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.