Nou is 45 j. se memories weg

Please log in or register to like posts.
News
Nou is 45 j. se memories weg

AL WAT van hulle flat in die Bo-Kaap oorgebly het, is ’n trou-album.For better or worse, sê Riyaat Ryland (45), met die foto-album in die hand.Ryland se woonstel met drie kamers is Sondag laatmiddag in ’n brand verwoes.“Ons het alles in ’n oogwink verloor, maar is dankbaar niemand is ernstig beseer nie,” vertel Ryland.Die Ryland-familie was by die beach toe die brand 45 jaar se herinneringe vernietig het.“Die klere wat ons aan het, is ál wat ons het. Gelukkig het ons goeie ondersteuning van ons familie, vriende en die gemeenskap wat ons uithelp met wat ons benodig.”VERWOESTENDE BRAND: Niks het oorgebly van ’n familie se flat in die Bo-Kaap nie.Ryland sê hulle het glad nie geweet wat by hulle woonstel aangaan terwyl hulle pret op die beach gehad het nie.“Ek het ’n oproep gekry dat ons plek aan die brand is.“Toe het ons huis toe gejaag, maar dit was te laat om enige iets te doen. Daar was nie ’n kans om enige iets te red nie.“Dis hartseer. Ek het al die jare hier gebly. So, ál my besittings is uitgebrand, behalwe my trou-album.“For better or worse, soos hulle sê. Dit gee my hoop dat ons dit sal deurkom.”Ryland is onseker oor die oorsaak van die brand en wag op die uitslae van die ondersoek.“Sodra die ondersoek klaar is en ons weet wat gebeur het, sal ons oor begin.”GejaagIntussen sê ’n inwoner terwyl die familie op die beach was, het ’n paar ouens wat daar naby woon, rook by een van die vensters sien uitborrel.HARTSEER: Riyaat Ryland sê hy het in dié woonstel grootgeraak en ál sy besittings is in ’n brand verwoes.Foto’s: PETER ABRAHAMS“Hulle het soontoe gejaag en het die ouma wat daar woon op die trappe gekry. Na bewering is die oumatjie ’n bietjie vergeetagtig,” vertel die inwoner.Theo Layne, ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdiens, sê nooddienswerkers het 18:15 op die brand ge­reageer.“Vyf mense, onder wie twee mans en drie vroue, is op die toneel vir rook­inaseming behandel voordat hulle hospitaal toe geneem is.“Die oorsaak van die brand word ondersoek.”

Reactions

Nobody liked ?