Nou kan die babilon ons nie touch

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

RASTAS kan nou rustig in die huis dagga rook sonder om te worry of die Babilon daar sal instorm om hulle te arrest.Rastas oor Suid-Afrika heen is in die wolke nadat die grondwethof verlede Dinsdag beslis het mense ouer as 18 mag dagga in hulle woning gebruik en kweek.Die verhandeling daarvan is egter steeds onwettig.Rastafariërs van Uitenhage en die Baai is in die sewende hemel oor hulle nou in vrede gelaat sal word.’n Oorstelpte Jerome Brown (55) van Tiryville in Uitenhage sê: “Ons voel baie goed oor dié judgment, want ál die jare kom die polisie in ons wonings en arresteer ons en ons kinders.“Ons het kriminele rekords. Ons rekords moet skoongemaak word.”Hoeka het die Babilon vir Clayton Samson (34) van Lapland in Uitenhage onlangs met 15 sakke dagga gevang.Samson sê: “Ek is deur die kerk gestuur om dit te gaan haal en sou dit neem na ons sewedae-fees in Knysna.“Die kerk was disturbed. Nou moet ek next maand hof toe gaan.”Maar noudat dagga wettig is vir privaat gebruik, kan Rastas sug van verligting so met die uitblaas van ’n dampie.boere, hou verby: Jerome Brown van Tiryville meen die Babilon moet nou ophou om Rastas te viktimiseer.join(t): Rastafariërs van oor Uitenhage en die Baai heen is in die wolke daaroor dat die privaat gebruik en kweek van dagga wettig is.groen genot: Die fyngemaakte cannabis is bestem vir ’n zol of ’n bong.Henry Cameron van Schauderville in die Baai sê: “Ons is verlig. Die engele jubel en blaas op hulle trumpets, want dis ’n vryheid wat ons lankal moes gekry het.“Ons kan nou at least asemhaal in ons space.”Daar is egter ook gemengde gevoelens oor die nuwe wet wat die gebruik en kweek van dagga voorwaardelik wettig.OuderdomsperkCameron is een van diegene wat bedenkinge oor sekere aspekte daarvan het.Hy meen byvoorbeeld dat die ouderdomsperk 21 moet wees omdat bewys is, sê hy, dat dagga die ontwikkeling van ’n kind se brein kan affekteer.Maar oor die critics sê Cameron: “Hulle gaan ’n klomp dinge wil sê, soos dat dit die drug-probleem erger gaan maak; dis als propaganda en misinformation.“Maar niemand maak shebeens en taverns toe oor hulle kinders suip nie. Als is mos dagga se skuld. Hulle gaan verkeerd bewys word.”General Seyum (44) van Motherwell in die Baai sê hy voel “irie”, en meen: “Dis geskiedenis; dis waarvoor ons lankal gewag het. Dagga moet free wees soos die voëls in die lug, dan hoef niemand dit te verkoop nie.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/nou-kan-die-babilon-ons-nie-touch-20180922

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.