‘Nou kan ons lewe aangaan’

Please log in or register to like posts.
News
‘Nou kan ons lewe aangaan’

DAAR was vreugde toe Sedick Abrahams (62) gister in die Mitchells Plain-landdroshof vrygespreek is van die moord opsy eie seun.Abrahams is sowat ’n jaar gelede aangekla van moord op Clinton (28) nadat hy hom in die bors gelem het.Clinton, ’n tikkop, het sy gesin weens sy dwelmverslawing byna 13 jaar lank geterroriseer.Op die dag van sy dood het hy kos geëis en toe sy sagmoedige kerkman-pa aangeval.Abrahams het aan die hof vertel as hy nie daai dag die mes gegryp het nie, sou hy vandag dood gewees het.’n Verligte Abrahams het gister aan Son gesê dit is net die Here wat hom deurgedra het.Hy sê hy is bly alles is nou agter die rug.“Ek sê dankie vir die ge­bede, want die Here het die werk gedoen.“Ek het van die begin tot die einde toevlug by die Here gevind.”Abrahams sê verder wat gebeur het, sal hom altyd bybly en die seer sal altyd daar wees.“Daar is baie ouers daar buite wat met dieselfde probleme sit.“Kinders is verslaaf aan drugs en dit maak dinge vir ouers moeilik.”Abrahams is baie bly dinge in hulle huis kan nou weer na normaal terugkeer.“Dinge is nou weer rustig. Ons is verlig en daar is ’n verandering.“My vrou is nog seer oor my seun se dood, maar dis mos maar hoe ’n ma is.“Ons besef ons moet mekaar liefhê en omgee vir mekaar. “Ek kan net vir die Here dankie sê dat my vrou my van dag een af bystaan.”Volgens Abrahams se dogter, Jessica, was dit ’n baie moeilike tydperk vir veral haar pa en haar ander broer, Quinton.Quinton, wat die dag van die moord tuis was, het getuig in sy pa se saak.Jessica sê: “Daar was baie trane. “Dit was moeilik vir my broer en pa om in die hof te praat. My pa het toe stelselmatig met die landdros begin praat.“My broer het ook baie gehuil.“Ek is bly ons kan nou met ons lewe aangaan.“Ons is dankbaar vir al die support van vriende, familie en pastore.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.