Nqwazi ‘by agterdeur in’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE DA is ontevrede daarmee dat die burgemeesterskomitee No­xolo Nqwazi (foto), die nuwe waarnemende stadsbestuurder van die Nelson Mandelabaai-metro (NMM), aangestel het.Dit volg nadat die burge­meester, Mongameli Bobani (UDM), Dinsdag aangekondig het die waarnemende stadsbestuurder, Nolwandle Gqiba, het bedank.’n Nuwe munisipale bestuurder is veronderstel om op ’n spesiale raadsvergadering gekies te word.Nqaba Bhanga, leier van die DA in die Oos-Kaap, sê hy gaan Bobani en die speaker, Buyelwa Mafaya, vra dat die onwettige aanstelling van Nqwazi op ’n spesiale raadsvergadering gehanteer word.Bhanga sê die munisipaliteit se verskoning dat Gqiba bedank het weens gesinsverpligtinge, is ’n blatante leuen.ProkureurHy sê: “Bobani en sy makkers het Gqiba probeer dwing om ál die geskorste munisipale beamptes weer aan te stel, om ’n lys van ál die kontrakte in alle direktorate te maak en om ontslae te raak van Jackson Ngcelwane, waarnemende hoofbeampte van finansies.“Ons het verneem ’n onwettige party van buite, onder leiding van ’n plaaslike prokureur, gee die munisipaliteit nou instruksies oor die paneel wat moet vergader oor die skorsing van Johann Mettler as stads­bestuurder.“Die stilmaak van munisipale beamptes wat goeie werk verrig het en korrupsie bestry, het nou ’n punt bereik waar hulle met die dood gedreig word.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/nqwazi-by-agterdeur-in-20181018

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.