Please log in or register to like posts.
News

’N JONG ma is woedend nadat ’n verpleegster haar pasgebore baba se arm in die kraamproses gebreek het.Dominique Fish van Delft sê haar tweede kind se geboorte was een helse nagmerrie.Klein Taygon het dag en nag gehuil vandat hy op 17 Februarie in die wêreld­ gebring is.Fish beweer vandat sy by die Karl Bremer-hospitaal aangekom het, is sy soos ’n dier behandel.Volgens Fish moes sy eintlik by Elsies se daghospitaal gekraam het, maar die metropolisie het hulle sommer reguit na die Karl Bremer ge-escort.GeskelFish sê toe sy by die hospitaal aankom, het ’n suster – ene Dlamini – sommer reguit vir haar gesê sy moes in die eerste plek nie daar kraam nie.Fish vertel: “Die suster het op my geskel. Sy het gesê ek vat nou ’n bed wat iemand anders kon gekry het.“Sy het geen geduld gehad met my nie en was baie ontsteld. Ek was drie uur lank in kraam en die studente het my baie beter as sy gehelp.” Fish sê die een oomblik nog toe voel sy hoe sy in kraam gaan. Die volgende oomblik voel sy twee hande in haar en die suster wat die kind uitruk.Volgens Fish het die baba aanhoudend geskreeu en kon hulle hom nie stil kry nie.Fish sê eers toe die pediater haar kind ondersoek, het sy gesien haar seuntjie se arm is geswel.Sy vertel verder: “Ek is net so huis toe gestuur en die dokter het gesê ek moet my kind weer by die Delft-daghospitaal laat ondersoek.“Ná twee dae is ons na die daghospitaal, waar hulle my baba vir X-rays geneem het. Daar het hulle gesien sy armpie is gebreek en het hulle ons terug na die hospitaal gestuur.“By die hospitaal het hulle weer X-rays gedoen en gesien die armpie is wel gebreek.“Al wat hulle gedoen het, was om ’n gips op te sit en pynmedikasie te gee.”Fish sê sy’t sommer dadelik ’n klag by die superintendent van die hospitaal gelê.Zolani Zenzile, ’n woordvoerder van die gesondheidsdepartement, sê die rede hoekom die suster die baba moes uitruk, is oor die skouertjies vasgesit het.Zenzile sê: “Die suster moes verhoed dat die baba te lank sonder suurstof is.“Dit kon breinskade veroorsaak het. Die baba is ondersoek en g’n abnormaliteit het voorgekom nie.”Zenzile sê die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement vra verskoning vir die scare wat Fish en haar gesin ondervind het.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.