Nurse is alleen in sy donkerste uur

Please log in or register to like posts.
News
Nurse is alleen in sy donkerste uur

TWEE mans is gister ge­arresteer nadat ’n nurse van Eersterivier in sy huis vermoor is.Gregory Paulse (55), wat by die Mfuleni-kliniek werksaam was, se bebloede lyk is Woensdagoggend in sy huis in The Conifers by Blackheath gevind.’n Vriendin het op sy halfkaal lyk afgekom. Dit het in sy kamer langs die bed gelê.Die vriendin het Paulse die hele tyd gebel en ondersoek gaan instel toe hy nie antwoord nie. Hy is verskeie kere met ’n mes gesteek.VermisPaulse, wat saam met sy seun gewoon het, was na verneem word alleen by die huis toe hy aangeval is. Daar word vermoed hy is reeds die vorige aand vermoor.Sy motor, ’n Hyundai, was vermis. Daar was vermoedelik ook ’n inbraak.Die polisie het gisteroggend twee mans gearresteer nadat hulle met Paulse se gesteelde Hyundai betrap is.Paulse se kollegas en vriende het hom in die sosiale media as ’n liefdevolle mens beskryf.Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sal die twee verdagtes (albei 27 jaar oud) binnekort in die Blue Downs-landdroshof op klagte van moord verskyn.Woensdag vroegaand is ’n 19­-jarige laitie in Elsiesrivier afgemaai.Die voorval het omstreeks 19:00 in Meltonweg oorkant die Nigel-woonstelle gebeur.Die laitie is verskeie kere raak geskiet en is op die toneel dood.Volgens Imraahn Mukaddam, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Elsiesrivier, vind skietvoorvalle nog sporadies plaas.Mukaddam sê: “Die atmos­feer in die gebied is nog baie gespanne, veral ná verlede week se moord in Leonsdale.“Die gemeenskap is nou baie betrokke by die veiligheidstrukture om ’n verskil te maak.”Volgens Rwexana volg die cops nog die leidrade op.SkollieNiemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie..Die voorval het by Spandau se brug gebeur. Die man, tot dusver net bekend as Kaffertjie, is sewe keer getref. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.Niemand is al aangekeer nie. ’n Moordsaak is geopen.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.