Nuwe komitee sal talle help

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE vreugdevure het gister hoog gebrand en die hoop het opnuut opgevlam met die launch van die Schauderville/ Korsten Intervention Committee en die opening van sy nuwe sentrum in Highfieldweg in Schauderville.Julian Julies (39) – die selfverklaarde minister van gangsters – is die co-founder van die komitee. Sy portefeulje sluit in ekonomiese ontwikkeling, sowel as veiligheid en sekuriteit.GeleerHy is ook ’n finansiële sponsor vir die komitee. werksaamhede: Julian Julies gesels oor die goeie werk wat by die sentrum gedoen gaan word.Julies sê by die sentrum gaan kinders en volwassenes onder meer rekenaarvaardighede en ander positiewe skills geleer word.Hulle gaan ook in sportprogramme opgeneem word sodat hulle ’n positiewe bydrae in die same­lewing kan maak. Edward Camealio, die komitee se public relations officer, sê die sentrum het ook ten doel om ouens wat uit die tronk kom, by sy projekte te betrek.Dit omdat dié ouens, sodra hulle uit die tronk kom, gelabel word en daar is dus vir hulle geen opportunities nie.Julies – wat ’n volle 27 jaar ’n gangster en op drugs was – sê in die Baaise Northerns is sowat 450 dwelmposte. Hy sê weens die poste raak die jeug aan drugs verslaaf, raak hulle by prostitusie betrokke en word hulle geleer om te steel en hit men te word.Dit, sê Julies, bring trane in sy oë.Volgens hom moet die sentrum as teenvoeter dien vir dié maatskaplike euwels. Abraham Isaacs, een van die wykraadslede in Schauderville, sê die gemeenskap moet nou hande vat, aangesien geen organisasie op sy eie kan funksioneer nie.Isaacs het die bestuur van die komitee gemaan om nie faksies in die komitee te skep of om ’n leier vir net ’n individu te wees nie.Dan, sê hy, gaan die komitee nie lank hou nie.Camealio sê verder die komitee beoog om uiteindelik vennootskappe met die regering en privaat sektor aan te gaan om die maatskaplike euwels in die gemeenskap te probeer stop.Julies voeg by as die regering hulle komitee ondersteun, sal hulle baie suksesvol wees.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/nuwe-komitee-sal-talle-help-20181212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.