Nuwe top cops vir provinsie

Please log in or register to like posts.
News
Nuwe top cops vir provinsie

TIEN senior poste in die polisie in die Oos-Kaap is onlangs gevul. Die aanstellings is van 1 November af in werking.Die provinsiale polisie­kommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het dié top cops Maandag in King William’s Town verwelkom.Die poste wat gevul is, sluit in twee provinsiale adjunk-kommissarisse, drie provinsi­ale komponenthoofde en vyf bevelvoerders van cluster-polisie­stasies.Hulle is:genl.maj. Thobeka Daphney Kunene (adjunkkommissaris vir menslikehulpbronne-bestuur);genl.maj. Zithulele Moses Dladla (adjunkkommis­saris van die speurdiens);brig. Tembinkosi Kinana (provinsiale hoof van korporatiewe kommunikasie en skakeling);brig. Duduzile Daphney Nculu (provinsiale hoof teen georganiseerde misdaad); enbrig. Sheperd Khonza (provinsiale hoof: gesins­geweld, kinderbeskerming en seksmisdrywe).Die volgende stasiebevelvoerders is aangestel:brig. Asogran Naidoo (Mthatha);brig. Wiseman Chiya (Lusikisiki);brig. Marius Groenewald (Mountweg);brig. Michael Solani (Mother­well); enbrig. Aslam Syed Cassim (Mdantsane).Dié vyf cluster-stasies is die besigstes.Die aanstelling van die stasiebevelvoerders kom ’n week ná die landwye bekendstelling van die polisie se Operation Safer Season vir die feestyd.BeskikbaarIn die Baai is dit in Motherwell uitgevoer.Ntshinga sê die poste het om verskeie redes beskikbaar geword, soos dat lede afgetree het en die stigting van onafhanklike komponente.“Dit was daarom noodsaaklik dat die polisie se bestuur in die Oos-Kaap dié vername poste so gou moontlik moes vul sodat dienslewering nie belemmer of vertraag word nie,” verduidelik Ntshinga.“Die nuwe aanstellings moet in die konteks van groei en ontwikkeling in die polisie in die Oos-Kaap beskou word.”BeloweNtshinga sê die kandidate is aan ’n strawwe en objek­tiewe proses van assessering en keuring onderwerp om hulle geskiktheid in die velde waarvoor hulle aansoek gedoen het, te toets.Hulle was die geskikste kandidate, sê Ntshinga, omdat hulle ’n sin vir omsigtigheid, toewyding en passie vir hul werk getoon het.Dladla het namens die nuwe lede belowe: “Ons gaan seker maak ons doen ons bes om van die Oos-Kaap ’n veiliger provinsie te maak.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply