Nuwe wiele gee speurders vlerke

Please log in or register to like posts.
News
Nuwe wiele gee speurders vlerke

VOERTUIE ter waarde van R12 miljoen is aan Oos-Kaapse speurders oorhandig.Weziwe Tikana, die provinsie se LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, en lt.genl. Liziwe Ntshinga, die Oos-Kaapse polisiekommissaris, het gister altesaam 40 voertuie oor­handig.Die doel is om speurders te help om ’n beter diens te lewer. Die meeste van dié voertuie is Nissan double cabs. Hulle is uiters geskik vir heavy duty-werk en om mee te ry op ongemerkte paaie in landelike gebiede. Ag motorfietse is ook oorhandig.Twee mobiele garage-eenhede is bygevoeg sodat dié voertuie herstel kan word.Ntshinga het gesê: “Voertuie is ’n waardevolle hulpbron. Dit stel die SAPD-lede in staat om hulle belangrike pligte effektief uit te voer.”Sy het voorts gesê die doel daarvan is dat die speurders in die provinsie met die voertuie aan hulle mandaat voldoen: om ondersoeke te onderneem, arrestasies uit te voer, bewyse te versamel en hofsake by te woon.“Motorvoertuie is ’n duur hulpbron, maar absoluut noodsaaklik vir polisiëring.” VerbygaanNtshinga het gewaarsku: “Die misbruik van staatsvoertuie sal nie geduld word nie. Kriminele en dissiplinêre ondersoeke sal gedoen word teen diegene wat daarvan verdink word dat hulle staatsvoertuie misbruik.”Tikana het gesê: “Die toekenning van voertuie aan ons lede is nie iets wat ongesiens kan verbygaan nie. “Vandag word julle ekstra vlerke gegee.“Ek verwag om te sien dat die gebruik van hierdie hulpbronne sal vrug dra. “Die gebruik van die motorfietse is kritiek belangrik vir ons, want dit beteken jy het jou oor op die grond. “Dit is in lyn met ons pogings om landelike gebiede te polisieer.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.