Nuwejaar gee baie vreugde | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TALLE splinternuwe bondeltjies vreugde het hulle ouers op Nuwejaarsdag plesier verskaf.Die Oos-Kaap het altesaam 273 Nuwejaarsbabas opgelewer.Trotse mammas moes Nuwejaar in die hospitaal deurbring, maar dit was vir hulle elke oomblik werd.Son het ’n draai by die Dora Nginza-hospitaal in die Baai gaan maak.Nicole Ingram (21) van Westering het 15:00 op Nuwejaarsdag vir die eerste keer ma geword. Haar dogtertjie se naam is Chloe. Ingram sê sy het Dinsdag ’n gevoel gehad die baba gaan kom, al het die dokters gesê sy kom eers die 21ste Januarie.“Toe ek haar die eerste keer vashou, het ek joy en happiness gevoel,” sê Ingram. Haar wens is dat Chloe eendag haar doelwitte bereik en doen wat haar ook al gelukkig maak. Sy sê dis ’n seën dat haar kind op Nuwejaarsdag gebore is.Charmionentia Baartman (18), wat in ’n hospitaal in Middelburg opgeneem is, is inderhaas na Dora Nginza verplaas omdat daar glo nie genoeg dokters beskikbaar was nie.“Ek het in die ambulans die bewegings gevoel en geweet my baba is op pad,” vertel Baartman.Baartman het ook die eerste keer ma geword en besluit om haar dogter Cheney te noem. Sy sê sy wil graag sien hoe Cheney eendag haar drome uitleef.Arita Nguta (38) van Algoapark het haar tweede kind, wat effens van ’n laatlammetjie is, na haar oor­lede suster genoem.“My suster, Prudence, het ’n paar jaar gelede lelik in ’n vuur verbrand en sy is aan haar wonde dood.“Ek het 17:00 die lewe geskenk. Sy is ’n miracle, want toe ek ag jaar gelede in die maag geskiet is, het die dokters gesê ek sal nie weer kan kinders kry nie,” sê Nguta.TaxiNguta sê toe die ambulans nie uitkom nie, het sy sommer ’n taxi gevang.Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê die getal geboortes vanjaar is meer as laas jaar se 222.Hy sê voorts die Alge­mene Hospitaal Mthatha het met ’n totaal van 22 die meeste babas gevang.Die Dora Nginza-hospitaal is tweede met 21 babas.“Van die 273 is 129 seuns en 144 meisies. Daar is 35 babas deur middel van ’n keisersnit gebore en 234 babas is natuurlik gebore.“Die oorblywende vier is tweelinge in Midlands en die Akademiese Hospitaal Nelson Mandela.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/nuwejaar-gee-baie-vreugde-20190102

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.