NVG kry nuwe hoof | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
NVG kry nuwe hoof | Die Son

ADV. Shamila Batohi is die nuwe hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NPA).Pres. Cyril Ramaphosa het die aankondiging gister in Pretoria gemaak. Batohi is die eerste vrou wat dié belangrike pos beklee.DemokrasieRamaphosa het gesê met die aanstelling van die nuwe direkteur van die nasionale vervolgingsgesag (NDPP) word “die staat van wanfunksionering en die leemtes in die NPA wat deur die hof uitgewys is, aangespreek”.Hy het bygevoeg die NDPP is ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse demokrasie en het ’n belangrike taak om die wette in die land in stand te hou.“Die NDPP moet verseker dat die nasionale vervolgingsgesag sy funksies sonder fear, favour of prejudice uitvoer.“Daar moenie invloede van buite – in die politiek, sake of enige ander plek – wees wat dinge kan beïnvloed nie.”Batohi het gesê die president het die rol van die vrou erken in die soeke na gelykheid in ’n regverdige gemeenskap.“Die NDPP staan vandag saam met jou en saam sal ons staan vir geregtigheid en vir die nasie,” het sy gesê. – News24

Reactions

Nobody liked ?