Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

ONDERSTEUNERS van Timothy Omotoso het gister buite die Baaise hooggeregshof gesing en gedans toe hy weer voorgekom het.Toe die vermeende sekspes-pastoor van Nigerië uit die aanhoudingselle na die beskuldigdebank gelei is, het supporters in die hof­galery kliphard gecheer.Een van dié supporters was sy vrou, Taiwo.’n Groep jong vroue het die kans gebruik om selfies saam met Taiwo te neem. Omotoso en sy mede­beskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, se hofverskyning was kort.Die saak is uitgestel tot 16 April.Die verdediging wag steeds vir vordering met hul aansoek in die grondwethof dat die regter, Mandela Makaula, hom aan die saak onttrek.BESKULDIGDES: Zukiswa Sitho, Lusanda Sulani en Timothy Omotoso gister in die hof.Hulle glo Makaula is bevooroordeeld en simpatiek teenoor die staat se eerste getuie, Cheryl Zondi (22). Die beskuldigdes eis ook dat die klagte teen hulle laat vaar word.Dié versoeke het egter nog met elke aansoek misluk. Eers in die Baaise hooggeregshof en toe die aansoeke om verlof tot appèl in die aanvanklike beslissing.ValsHierna het die beskuldigdes die versoek na die appèl­hof in Bloemfontein geneem. Ook dié hof het die aansoek afgekeur, VOL SMILES: ’n Groep ondersteuners gebruik gister die geleentheid om selfies saam met Timothy Omotoso se vrou, Taiwo, te neem.aangesien daar geen vooruitsig op sukses is nie. Nou wend die verdediging hom tot die grondwethof.Makaula het destyds gesê aantygings dat hy Zondi favour­ en dus biased is, is vals en sy statements word doelbewus buite konteks beskou. Zondi is die enigste getuie wat nog getuig het sedert die verhoor in Oktober begin het.Volgens Makaula is Zondi se getuienis regstreeks op televisie uitgesaai en het sy by tye emosioneel geraak en in trane uitgebars.WeierMakaula het gesê dit gaan nie hier oor wie wen en wie verloor nie; dit gaan daaroor dat geregtigheid moet geskied.Omotoso, Sulani en Sitho staan tereg op 97 seks­verwante klagte. Dit sluit verkragting, onsedelike aanranding en mense­handel in. Hulle weier om op die klagte te pleit.Omotoso is in April 2017 gearresteer en is in aanhouding. Sulani en Sitho is later ge­arresteer en is uit op bail.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/omotoso-aansoek-stok-innie-wiel-20190205

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.