Omotoso: Regter onttrek | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE regter in Timothy Omotoso se verhoor het besluit om hom aan die saak te onttrek.Omotoso se prokureur, Peter Daubermann, het die nuus aan News24 bevestig en gesê regter Mandla Makaula gaan op 15 Maart sy redes bekendmaak.Daubermann sê hy het gistermiddag ‘n vergadering gehad met die staat en Makaula in sy kantore waar die besluit geneem is.Daubermann sê  in ‘n brief, wat aan die Oos-Kaapse direkteur van openbare vervolging gerig is, dat die verdediging deur die staat ingelig is oor sekere staatsgetuies wat by ‘n gastehuis, wat deur Makaula besit word, oorgebly het.“Ons kliënte is om verklaarbare redes geskok oor die onthullings en hul persepsie van Makaula se partydigheid is daardeur vererger,” sê Daubermann in die brief.Daubermann het voorheen ook gevra vir Makaula om te onttrek omdat hy gevoel het die regter was te vriendelik met die eerste getuie, Cheryl Zondi.Makaula het geweier, waarna die verdediging by die konstitusionele hof aansoek gedoen het. Omotoso staan saam met Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho tereg op 63 aanklagte en 34 alternatiewe aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en rampokkery insluit. – News24

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/omotoso-regter-onttrek-20190207

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.