Onheilighede tref Heidelberg | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Onheilighede tref Heidelberg | Die Son

HEIDELBERG. – Die 61-jarige onderwyser en koshuisvader wat daarvan aangekla word dat hy ’n leerder seksueel aangerand het, het weer Maandag hier in die landdroshof verskyn.Die man het na bewering op 30 Julie 2018 die leerder by die koshuis seksueel aangerand en is kort daarna gearresteer. Die beskuldigde se borgtogvoorwaardes is tydens sy laaste verskyning op 16 November verskerp nadat dit aan die hof uitgewys is dat dié misdaad ’n bylae 5-misdryf is.Die saak is Maandag deur landdros Brenda Roodt tot 18 Februarie vir ’n finale streekhofdatum uitgestel.Die verdagte is steeds op eie verantwoordelikheid uit en is in Caledon woonagtig.SkoolowerhedeIntussen is ’n 55-jarige man verlede Vrydagoggend vroeg op ’n aanklag van seksuele aanranding gearresteer en het hy later die dag in die hof verskyn. Dié arrestasie spruit uit die beweerde seksuele aanrandings van ’n 11-jarige meisie wat strek oor ’n tydperk van twee jaar. Volgens AO Alroy Wind­vogel, plaaslike polisiewoordvoerder, het ’n onderwyser die voorval onder die skoolowerhede asook die polisie se aandag gebring nadat die onnie die leerder se optrede vreemd gevind het.Die saak is tot Vrydag uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding in Buffeljags­rivier.Volgens Windvogel was dit ’n baie besige naweek vir die cops. Vier mans, onder wie ’n onnie, is Saterdagaand op ’n klag van dronkbestuur gearresteer. Hulle is onderskeidelik 27, 38, 48 en 50 jaar oud.Ál vier het Maandag vlugtig in die hof verskyn en is gemaan om weer in die hof te verskyn op ’n datum wat nog vasgestel sal word sodra die bloedmonsters vanaf die laboratorium beskikbaar is.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.