Onnie geskors oor rasseherrie | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Onnie geskors oor rasseherrie | Die Son

‘n Onnie by Laerskool Scweizer-Reneke is die trekpas gegee, kort nadat regeringsamptenare die skool vandag besoek het.Laerskool Schweizer-Reneke het hulself op die eerste skooldag van die nuwe akademiese jaar in die middel van ‘n rasseherrie gevind.eNCA berig ‘n hoë-vlak afvaardiging van regeringsbeamptes het die skool besoek en die onderwyser is kort daarna gevra om eenkant te staan.Vroeër vandag is ouers gevra om hul kinders by die skool te kry, na ‘n betoging buite die skoolgronde uitgebreek het.Teen 12:00 was amptenare van die onderwysdepartement, die skool en gemeenskapslede nog in ‘n vergadering.Die gebeure by die skool in die Noordwes het alles begin met ‘n foto wat in ‘n WhatsApp groep gedeel is.In die foto sit vier swart leerders by ‘n aparte tafel, weg van ‘n groter groep wit leerders by ‘n ander tafel.‘n Ouer van een van die graad R leerders noem sy het die foto in ‘n WhatsApp groep deur die klasonderwyser gekry.Terwyl ander ouers dankbaar was vir die foto, het dit die ma ontstel oor haar kind en drie ander “geisoleer” is.OpenNews het ook gisteraand met een van die ander ouers van een van die leerders gesels.[ICYMI] The father of one of the black children in the photo showing apparent racial segregation at the #SchweizerReneke school in the North West said when he asked about the seating, teachers told him that the black children were “scared of the white kids” pic.twitter.com/ET4OBfrgSP— Open News (@OpenNewsSA) January 10, 2019

Reactions

Nobody liked ?