Onnie geskors oor video | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE Oos-Kaapse departement van onderwys (OKOD) het ’n onderwyser geskors nadat hy glo video’s van ’n seksuele aard aan van sy vroulike leerders gestuur het. Die onderwyser is van die Senior Sekondêre Skool Mdeni by Dutywa. Loyiso Pulumani, ’n woordvoerder van die OKOD, sê die video wat die onderwyser aan die leerders gestuur het, het toe die afgelope naweek viral gegaan op sosiale media. In die video staan die onderwyser glo kaal en voer onbehoorlike en seksuele aksies uit.Die distriksdirekteur van onderwys in die Amathole-distrik, Victor Mkhentane, het die skool Maandag besoek. AangedringMkhentane het op sy besoek die onderwyser positief geïdentifiseer as die persoon wat op die video verskyn. ’n Besluit is toe deur die skoolbeheerliggaam geneem om die onderwyser met onmiddellike effek te skors. “Die beheerliggaam het daarop aangedring dat die onderwyser nie toegelaat kan word om voor ’n klas vol leerders te staan nadat die video so wyd versprei en ge­trend het nie.”Die ondersoek na die video, die oorsprong daarvan, hoe dit op die selfone van die leerders beland het en ook hoe dit op sosiale media opgeëindig het, duur nog voort. ’n Dissiplinêre verhoor sal moontlik volg.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/onnie-geskors-oor-video-20190130

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.