Onnie wat klap én kind in die sop

Please log in or register to like posts.
News
Onnie wat klap én kind in die sop

DIE leerder wat ’n taai klap by ’n onnie gekry het, is nou self aangekla van aanranding – en summier geskors.Die ma van die leerder (16) was gister erg geskok toe sy hiervan in kennis gestel is.Die onnie, Clarissa Venter, het die kind Dinsdag voor die hele klas by die larney Sans Souci-meisieskool in Nuweland geklap.Dis oor sy nie die regte boek gehad het nie en op haar selfoon besig was.Die leerder se ma het aan Son gesê sy is woedend oor sy verneem haar kind gaan strafregtelik aangekla word, terwyl die juffrou nog nie aangekla is nie.Sy sê die polisie en die skool het haar gister enkele ure uitmekaar in kennis gestel van haar bloedjie se lot.Die ma vaar uit: “Die polisie was nou hier om my in kennis te stel die juffrou het ’n saak teen my kind gemaak.hoe nou? Die meisie se ma is teleurgesteld dat sy nou geskors is en ’n aanrandingsaak haar in die gesig staar.“Hulle het my gevra om haar na die Claremont-polisiestasie te neem sodat hulle haar kan aankla.“Wat ek nie kan verstaan nie, is dat ons eerste by die polisiestasie was, maar die juffrou is nog nie eens aangekla nie.”Die ma sê dit maak haar kwaad dat hulle die juffrou eers vandag gaan aankla.Sy sê wat haar nog meer die hel in maak, is dat die skoolbeheerliggaam haar nie eens van die skorsing gesê het toe hulle haar Woensdagaand bel nie.Hulle het glo net gesê haar kind moenie (gister) skool toe gaan nie.“Ek wou by hulle weet hoekom sy nie skool toe mag kom nie, want in die skool moet sy wees!“Hulle het gesê ek moenie worry nie, maar nou kom hulle met ’n brief hier aan.”Die ma sê luidens die brief is haar kind geskors hangende klagtes van intimidasie, mondelinge en fisieke dreigemente om iemand seer te maak, die verhindering van leerders om onderrig te word en die verhindering van ’n onderwyseres om onder­rig te bied.Dié oortredings word nou ondersoek en die leerder sal op Valentynsdag dissiplinêr verhoor word.Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het bevestig die leerder en die onnie was albei gister nie by die skool nie.BeradingHammond sê die skool­beheerliggaam het albei verwittig dat dissiplinêre stappe­ teen hulle gedoen sal word.Sy sê: “Hulle is geskors hangende die dissiplinêre verhoor. Alle leerders en onderwysers is berading aangebied.”Venter het aan Son gesê haar prokureur het aan­beveel dat sy nie met die media praat nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.