Onnies kry 6 kids wat dagga rook

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

SES stoute outjies is Dinsdag gevang toe hulle glo dagga rook in die toilette van ’n laerskool in die Baaise noordelike gebiede.Die Primêre Skool Kroneberg in Bethelsdorp het dié gr. 6- en gr. 7-leerders voor­lopig geskors. Hulle is nou onder hulle ouers se toesig.Lloyd Cunningham, onderhoof, sê die voorval het Dinsdag in die tweede pouse gebeur.“Ons het dagga op die skoolterrein geruik en die outjies toe gekry.Probleem“Die ouers is inform en ons het vir hulle briewe gestuur. “Die leerders is gesuspend en die skoolbeheerliggaam gaan binnekort hieroor ver­gader. Dis die eerste keer dat so iets by die skool gebeur.”Hy voeg by dagga is ’n probleem in die area.Mali Mtima, woordvoerder vir die Oos-Kaapse onderwysdepartement, kon teen druktyd nog nie terugvoer gee oor die voorval wat volgens Cunningham wel by die departement aangemeld is nie.AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê geen klag is by die polisie geopen nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/onnies-kry-6-kids-wat-dagga-rook-20181101-2

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.